Nuus 11:00
BULLETIN 13 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê Mboweni was altyd oop vir sterk, eerlike en intellektuele gesprekke
# Minister Mchunu oorhandig 51 nuwe voertuie aan Valke om misdaad te bestry
# En, rugby: Die Springbok-vrouespan verloor teen Italië in 2024 WXV2-kragmeting
# Die EFF sê hy sluit hom aan by die nasie in rou oor die verlies van die voormalige Reserwebank-president, en minister van Arbeid en Finansies Tito Mboweni. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hoewel hulle soms nie saamgestem het met die voormalige minister oor beleidskwessies nie, en verskil het van sy neo-liberale en ortodokse benadering tot ekonomiese beleid, was Mboweni altyd bereid om sterk, eerlike en intellektuele gesprekke te pak. Sy sê ondanks die verskille, het hy nie weggeskram van betrokkenheid by heftige debatte nie:
# Die minister van polisie Senzo Mchunu het 51 nuwe voertuie aan die Valke oorhandig om die stryd teen ernstige misdaad in die land ‘n hupstoot te gee. Die woordvoerder van die Valke, Wendy Nkabi, sê die vloot sal bronne aansienlik verbeter en polisiebeamptes, veral dié binne die Valke, in staat stel om burgers beter te dien en te beskerm. Sy sê die voertuie sal nie net polisiëring versterk nie, maar ook die polisie se vermoë om vinnig en doeltreffend te reageer op nasionale prioriteitsoortredings:
# Die Chinese regering beloof ‘n “aansienlike toename’ in die uitreik van regeringskuld om subsidies te bied aan lae-inkomste mense, die eiendomsmark te steun en die kapitaal van staatsbanke aan te vul terwyl druk uitgeoefen word om die sukkelende ekonomie te laat herleef. Ekonomiese data die afgleope paar maande was minder as die beramings, wat kommer laat ontstaan het dat die regering se groei-teiken van vyf-persent die jaar in gevaar is. September se data, wat volgende week bekendgemaak word, kan verdere swakheid toon, maar amptenare is vol vertroue die 2024 teikens sal behaal word.
# Die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering sê tydens die 2023/2024-boekjaar het meer as 1,3-miljoen inwoners van die provinsie toegang verkry tot noodsaaklike regeringsdienste deur die Thusong-program. Dave Bryant van die DA sê met die program het burgers toegang tot ‘n breë spektrum van dienste soos onderwys, gesondheid, behuising en menslike nedersetting-veiligheid en sekerheid, en maatskaplike dienste, wat alles gerieflik op sentrale plekke beskikbaar is:
# En, rugby: Die Springbok-vroue het gister alles in die stryd gewerp maar met 23-19 teen Italië verloor in hulle laaste wedstryd van die 2024 WXV 2-toernooi in die Athlone-stadion in Kaapstad. Suid-Afrika was nie die gunstelinge nie, nadat hulle vroeër ook met onderskeidelik met 25 en 18 punte verloor het. Na die wedstryd het hulle agt ligapunte, dieselfde as Italië, maar net agter die Europeërs wat punteverskil betref. Australië het die WXV 2-titel ingepalm deur Skotland te klop, wat tweede was met nege punte in gister se laaste wedstryd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….