Nuus 11:00
BULLETIN 10 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Hoofregter Maya stel ‘n Seksuele Teisteringsbeleid vir die regbank bekend
# Die DA betoog vir sterker geslagsgeweld-hulpbronne in Ekurhuleni
# En minister Motsoaledi ontmoet premier Saul om probleme in Noord-Kaapse hospitale te bespreek
# Hoofregter Mandisa Maya het ‘n Seksuele Teisteringsbeleid vir die regbank bekendgestel, wat ‘n houding van geen verdraagsaamheid teenoor magsmisbruik versterk. Dit volg op toenemende druk vir optrede in die regsberoep ná die Regterlike Gedragstribunaal in die Oos-Kaapse Hooggeregshof se ondersoek na regterpresident Selby Mbenege se gedrag teenoor deur ‘n regter-sekretaresse, Andiswa Mengo. Judges Matter het die noodsaak beklemtoon om te fokus op omvattende beleid en ondersoek om seksuele teistering te stop. Maya sê die beleid sal aanspreeklikheid versterk en respek binne die regbank bevorder.
Honderde DA-ondersteuners het intussen na die Germiston Sentraal-polisiestasie opgeruk en beter hulpbronne vir geslagsgeweld geëis. Ekurhuleni het meer as ‘n duisend-600 moorde in 2024 aangeteken, met baie stasies wat onder ernstige personeel- en voertuigtekorte gebuk gaan. Die DA-LP Lisa Schickerling sê die griefskrif vra vir meer sigbare polisiëring, sterker geslagsgeweld-ondersteuning en ‘n gefokusde misdaadvoorkomingstrategie. Sy sê die regering slaag nie daarin om kwesbare vroue en gemeenskappe te beskerm nie:
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepregulasies vir die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette waarvoor openbare kommentaar versoek word. Terwyl die regulasies toelatings- en skoolkapasiteit aanspreek, het SADOU-woordvoerder Nomusa Cembi gewaarsku teen vorige ministeriële riglyne wat daarop gemik was om die instelling te vertraag en ‘n politieke agenda te bevorder. Sy het beloof sy sal die stap streng beoordeel en haar formele reaksie voor die sperdatum van 5 September indien:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is in die Noord-Kaap om met premier Zamani Saul en LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, te vergader. Die vergadering volg op ‘n verdoemende verslag van die Gesondheidsombud oor die bestuursmislukkings by die Noord-Kaapse Geestesgesondheidshospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal. Daar is bevind dat die fasiliteite verwaarloos word, wat bydra tot die swak pasiëntesorg en sterftes. Die doel is om vinnige korrektiewe stappe te doen en werkbare, veilige gesondheidsdienste te herstel.
# Ten slotte sportnuus:
# Tennis: Jannik Sinner het gister ‘n indrukwekkende teruggekeer gemaak by die ATP-toer se Cincinnati Ope, waar hy die verdediging van sy titel met sy vinnigste oorwinning van die seisoen behaal het. Die nommer een-speler op die ATP-ranglys, het vir die eerste keer weer begin speel sedert hy sy mededinger Carlos Alcaraz verslaan het om sy eerste Wimbledon-titel verlede maand in te palm. Hy het ‘n meedoënlose vertoning gelewer om die Kolombiaan Daniel Elahi Galan te verslaan en die derde ronde in slegs 59 minute te haal.
# En sokker: Mamelodi Sundowns het gister hul titelverdediging van die Premierliga begin met ‘n een-elk gelykopuitslag teen Chippa United op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Sekhukhune United het Orlando Pirates met 1-0 by hul tuisbasis oorrompel, terwyl Siwelele FC sy debuut as wenner gemaak het met ‘n 3-1 oorwinning oor Golden Arrows op hul tuisveld in Bloemfontein. AmaZulu FC het Orbit College met 1-0 verslaan, en Marumo Gallants het Richards Bay naelskraaps met 2-1 geklop. En laastens het Polokwane City en Magesi FC gelykop gespeel, sonder enige doele.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….