Nuus 11:00
BULLETIN 5 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwelkom die hofbevel teen die ANC in die kaderontplooiingsaak
# Rugby: Rassie Erasmus sê die Bokke wil hulle Europese toer onoorwonne afsluit
# En, Ramaphosa wens die Joodse gemeenskap die beste toe tydens hulle hoogs heilige dae
# Die DA loof die uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg wat die ANC se appèl in die kaderontplooiingsaak van die hand wys. Die nasionale woordvoerder van die DA Willie Aucamp sê regter Brad Wanless se uitspraak het die ANC se mislukking herbevestig om te voldoen aan ‘n vorige hofbevel om alle dokumente vry te stel wat met kaderontplooiing verband hou. Die hof het die ANC se appèl verwerp weens ‘n gebrek aan nuwe bewyse en die party opdrag gegee om die regskoste te dra. Aucamp sê dit is ‘n oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid in die stryd teen korrupsie:
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het met die afsluiting van Nasionale Wetenskapweek, die jeug aangemoedig om geleenthede in wetenskap na te streef om innovering aan te dryf. Nzimande sê vanjaar se tema, Living in a high-tech world: Should we be concerned? het ten doel om belangstelling in wetenskap en die maatskaplike voordele daarvan aan te wakker. Hy beklemtoon hoe belangrik wetenskap is met die aanpak van sleuteluitdagings:
# Die Europese Geregshof het beslis dat nasionaliteit en geslag voldoende is vir ‘n Europese Unie-land om asiel toe te staan aan Afgaanse vroue wie se regte onder die Taliban-bewind onderdruk word. Die Taliban vertolk Islamitiese wette streng sedert hulle in 2021 die bewind oorgeneem het, en verdryf vroue toenemend uit openbare ruimtes. Die Verenigde Nasies beskryf die beperkings op vroue as geslags-apartheid. Die uitspraak volg nadat Oostenrykse owerhede erkenning geweier het vir twee Afgaanse vroue se vlugtelingstatus.
# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus sê die span se fokus het reeds verskuif na die jaareind-toer in Europa, en sommige spelers gaan binnekort ‘n oefenkamp op Jersey in die Engelse Kanaal bywoon. Daar word verwag dat Steven Kitshoff, Lood de Jager en moontlik Evan Roos en Sacha Feinberg-Mngomezulu nie fiks gaan wees om oorweeg te word nie. Die Bokke speel op 10 November op Murrayfield teen Skotland, die 16de op Twickenham teen Engeland en die 23ste in Cardiff teen Wallis. Erasmus sê hulle wil die toer onoorwonne afsluit.
# En, president Cyril Ramaphosa het hartlike wense oorgedra aan Suid-Afrika se Joodse gemeenskap terwyl hulle hoogs heilige dae gedenk, wat begin het met Rosh Hashanah en afsluit met Yom Kippur. Hy gee erkenning aan die gemeenskap se belangrike rol in die nasie se geestelike en kulturele diversiteit. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa vra mense om in dié heilige tyd oor versoening, familie en vrede te dink, goedgesindheid te toon en te bid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….