Nuus 11:00
BULLETIN 29 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwysaktivis sê Sadou se uitdagende houding teenoor president Ramaphosa is kommerwekkend
# Die weerdiens waarsku oor sneeu in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal
# En, rugby: Nieu-Zeeland klop Australië vir ‘n 2de plek in die Rugbykampioenskap
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta kritiseer die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunuie se besluit om president Cyril Ramaphosa se drie maande grasie oor artikel 4 en 5 van die Wysigingswet op Algemene Onderwyswettte uit te daag. Makaneta sê Sadou se standpunt is roekeloos en teleurstellend, terwyl Ramaphosa gesprekke oor die verfyning van die wet aanmoedig. Hy doen ‘n beroep op Sadou om die proses te respekteer en die belange van die onderwyssektor voor op te stel:
# Die Noordwes Onderwysdepartement het die Last Push-veldtog vir matrikulante van stapel gestuur nadat hulle lentekampe voltooi het. Meer as 40-duisend leerders van die provinsie sal na verwagting op 21 Oktober met hulle eindeksamens begin. Die LUR vir Onderwys, Viola Motsumi, het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika, ouerondersteuning aangemoedig met die doel om die provinsie met verbeterde resultate onder die top drie landwyd te plaas:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het sy voorspellings van ligte sneeuval oor hoogliggende gebiede van die Oos-Kaap en suidelike KwaZulu-Natal die naweek herhaal. ’n Kouefront bring aansienlik laer temperature, met sneeu wat vandag in die Wes-Kaap begin en ooswaarts beweeg. Kuswinde en golwe sal aansienlik toeneem. Alhoewel dit na verwagting minder ernstig sal wees as verlede week se sneeustorm, dring owerhede aan op versigtigheid, veral op hoog-geleë paaie. Toestande behoort teen Dinsdagmiddag te verbeter namate temperature geleidelik herstel.
# Die Iranse president sê die dood van die Hisbolla-leier, Hassan Nasrallah, sal nie ongestraf gelaat word nie nadat hy in ‘n Israeliese lugaanval op Beiroet dood het. Die Ajatollah Khomeini het ook vyf dae van rou in Iran vir Nasrallah afgekondig. Nasrallah, wat jare lank nie in die openbaar gesien is nie weens vrese dat hy deur Israel vermoor sal word, was een van die bekendste en invloedrykste leiers in die Middeooste. Die Israeliese eerste minister, Benjamin Natanyahu sê Israel het met die dood van Nasrallah nou ‘n geskiedkundige draaipunt bereik.
# En, Rugby: Die all Blacks het vyf drieë in ‘n vinnige wedstryd in Wellington ingeryg vir hul nege agtereenvolgende oorwinnings teen die Wallabies. Die Australiërs het hulle vyfde Rugbykampioenskaps-nederlaag gely en kon sedert 2001 nog nie een keer die All Blacks op hulle eie bodem klop nie. Die Wallabies is laaste op die punteleer van die viernasie Rugbykampioenskappe met slegs ‘n skrale een-punt-oorwinning oor Argentinië. Nieu-Zeeland is tweede met die Pumas derde. Suid Afrika het die trofee Saterdag vir die eerste keer sedert 2009 vir ‘n volle ronde van die kompetisie ingepalm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….