Nuus 11:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is…….
In die bulletin:
# Die waarnemende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging beklemtoon die NVG se versterkte vermoë
# ‘n Voormalige MISA senior amptenaar word gevonnis vir korrupsie oor ‘n Digital Vibes-kontrak
# En, gholf: Die Internasionale span slaan terug om in die Presidentebeker op verrassende wyse gelyk te trek
# Die waarnemende hoof van die NVG, Rodney de Kock, het aanklaer-geleide ondersoeke aangekondig. Hy het op On the Record van News24 gesê die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie van die NVG word versterk met samewerking van die privaat sektor se kant. De Kock het ook die uitlewering van Michael Lomas as ‘n suksesverhaal beskryf. Hy beklemtoon vennootskappe met die Finansiële Intelligensiesentrum wat 500 sake hanteer en 60 skuldigbevindings behaal het:
# Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria het ʼn voormalige senior amptenaar van MISA, Lizeka Tonjeni, tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis weens korrupsie in verband met ʼn Digital Vibes-kontrak. Tonjeni was destyds in diens van die Munisipale Infrastruktuur-ondersteuningsagentskap en het ongemagtigde betalings van 160-duisend-rand ontvang toe sy in beheer was van ʼn vier-miljoen-rand tender. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjane, sê hoewel sy onskuldig gepleit het is bevind gierigheid het haar optrede aangevuur:
# Die Al Jama-ah-party is ongelukkig oor Suid-Afrika se traagheid om ekonomiese bande met Israel te verbreek. Die party beskuldig die regering dat hy op irrasionele wyse voorrang gee aan sy lidmaatskap van die Wêreld-handelsorganisasie pleks van ferm standpunt inneem teen Israel en sy beweerde volksmoord teen Palestina. Woordvoerder Shameemah Salie beklemtoon die noodsaaklikheid van sterker optrede teen Israel.
# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ondertussen onderneem Israel sal veg tot “algehele oorwinning” in sy voortgesette oorlog met Gaza. Hy beloof voortgesette aanvalle op die gewapende Libanese groep, Hisbolla. Netanyahu het VN afgevaardigdes meegedeel sy land is in ʼn oorlog en veg om oorlewing. Verskeie afgevaardigdes het uitgestap toe Netanyahu die podium nader terwyl ondersteuners in die galery gejuig het. Die Israelse leier het aan die vergadering van 193 lidlande gesê die Palestynse groep, Hamas, behoort geen rol te vervul in die heropbou van Gaza nie.
# Gholf: Die Internasionale span het gister op die Royal Montreal-baan in Kanada in die vierspel geskiedenis gemaak deur die Amerikaanse span van agter in te haal en hulle met 5-0 te verslaan, en daarmee met 5-elk gelyk te trek. Mike Weir se span het teruggeveg na Donderdag se nederlaag met uitstaande vertonings deur Hideki Matsuyama, Sungjae Im en Adam Scott. Die internasionale span van Corey Connors, Mackenzie Hughes, Christiaan Bezuidenhout, Jason Day, Si Woo Kim en Byeong Hun An het egter teruggeveg om die eerste keer in die geskiedenis die telling om te keer. Die kompetisie word vandag voortgesit met vierbal, vier viertal-wedstryde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….