Nuus 11:00
BULLETIN 23 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ATM sê die regering was nie voorbereid om die gure weerstoestande te hanteer nie
# Israel se weermag waarsku Libanese burgerlikes om gebiede te verlaat wat Hisbolla vir militêre doeleindes gebruik
# En fietsry: Die Suid-Afrikaner Candice Lill wen brons by die Bergfietsmarathon-wêreldkampioenskap
# Die African Transformation Movement sê dis kommerwekkend dat die regering, ten spyte van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se waarskuwings, nie voorbereid was op gure weerstoestande nie. Koue weer, insluitend sneeu, het in dele van die land voorgekom en twee mense het in KwaZulu verkluim. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die betrokke owerhede moet hulle reaksieplanne deeglik hersien en die nodige aanpassings doen om beter voorbereid te wees:
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op matrieks om aansoek te doen vir hul ID’s en dit te gaan afhaal terwyl hulle voorberei om die finale Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te skryf. Die Departement van Binnelandse Sake het van hierdie naweek af sy werksure verleng tot 12 Oktober verleng. Makaneta sê die vennootskap tussen die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, om die ure te verleng, toon ‘n verbintenis om te verseker leerders kan hul opvoedkundige en professionele doelwitte nastreef:
# Die DA in Gauteng beskuldig die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, dat sy die publiek mislei oor die voortdurende krisis in lykshuise in die provinsie. Suid-Afrika ondervind ‘n uitdaging met talle onopgeëiste liggame in staatslykshuise waar meer as drie-duisend lyke tans onopgeëis is. Madeleine Hicklin van die DA sê niemand wil aanspreeklikheid aanvaar vir die behoorlike uitkenning en begrafnis van armlastige burgers nie:
# Die Israelse Weermag waarsku burgerlikes in Libanon om gebiede waar Hisbolla met militêre bedrywighede besig is, te verlaat. Hy beplan binnekort uitgebreide presisie-aanvalle op die militante groep. Dit volg ‘n dag nadat Hisbolla, wat deur Iran ondersteun word, meer as 100 vuurpyle tot diep in Israel se noordelike gebiede afgevuur het. Israel het Vrydag ʼn lugaanval op Beiroet uitgevoer waarin minstens 45 mense, insluitend ʼn topleier van Hisbolla, dood is. Israel se president, Isaac Herzog, sê sy land het die reg om homself te verdedig.
# Fietsry: Die Suid-Afrikaner Candice Lill het ʼn brons medalje gewen by die UCI-Bergfietsmarathon-wêreldkampioenskap in Snowshoe, Amerika. Sy het 69 sekondes ná die wenner, Mona Mitterwallner van Oostenryk klaargemaak terwyl die Switser, Sina Frei, tweede was. Lill het verlede jaar tweede geëindig na Mitterwallner. Vyf-en-veertig vroue het aan die uitmergelende kampioenskap oor 100 kilometer deelgeneem. Simon Andreassen van Denmarke het die mansafdeling gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen17-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-503-dollar-99-sent. Die prys van goud is twee-duisend-621-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuu……………….