Nuus 11:00
BULLETIN 17 Sepember 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê voorstelle om die besware teen die NGV op te los word verwelkom
# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens se voormalige uitvoerende hoof moet 22-miljoen-rand betaal
# En die Amerikaanse Geheimediens sê maatreëls was in plek om Trump te beskerm
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir voorstelle om oplossings te vind vir die besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering moet aangegryp word. Die president het die NGV vóór die verkiesing in Mei onderteken, hoewel dit is nog nie gepromulgeer en in werking gestel is nie. Makone Maja van die instituut sê ‘n aantal alternatiewe vir die NGV wat Ramaphosa kan oorweeg, sluit in bekostigbare mediese fondse, verpligte mediese fondse vir die formele sektor en gesondheidskoepons:
# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens sê hy het altyd geglo die afdanking van die gewese uitvoerende hoof, Joyce Mogale, en gewese finansiële hoof, Sikhumbuzo Zulu, was regverdig en geregverdig. Die Arbeidshof het Mogale se eis vir onbillike ontslag van die hand gewys. Die hof het haar ook beveel om meer as 22-miljoen-rand te betaal vir ongerymdhede met verkryging terwyl sy die hoof was. Die laboratoriumdiens se raadsvoorsitter, Eric Buch, sê die uitspraak bevestig die pogings en toewyding om skoon regering en aanspreeklikheid te verseker.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg ervaar tans waterprobleme. Dit word toegeskryf aan veranderinge in waterstelsels wat deur Johannesburg Water ingestel is. Die departement se woordvoerder, Khutso Rabothata, sê die hospitaalbestuur het maatreëls ingestel om seker te maak pasiëntesorg word nie belemmer nie:
# Die Amerikaanse geheimediens se waarnemende direkteur, Ronald Rowe, sê die hoogste beskermingsvlakke was ingestel tydens die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump. Beamptes sê die verdagte, Ryan Wesley Routh, het byna 12 ure lank in die bosse weggekruip voordat Trump Sondag ‘n ongeskeduleerde potjie gholf gaan speel het by sy West Palm Beach-gholfklub in Florida. Routh is intussen aangekla. Rowe sê Trump was buite sig van die gewapende man:
# Rugby: Die kaptein van Fijdi Waisea Nayacalevu het onthul die kwarteindstryd van die 2023 Rugby Wêreldbeker tussen sy span en Engeland in Frankryk is ure voor die afskop byna afgestel. Hy beweer korrupsie in die land se beheerligaam was die kern van die probleem. In ‘n onderhoud met die Daily Mail in Brittanje sê Nayacalevu die spelers is ook bonusse beloof wat nooit betaal is nie. Hy speel tans vir die Engelse Premierskapsklub Sale Sharks, maar die 34-jarige sê sy droom is om terug te keer huis toe om die stelsel te help regruk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-58-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-560-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-584-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….