Nuus 11:00
BULLETIN 16 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is oortuig die regering van nasionale eenheid is noodsaaklik vir die land
# Die MK-party bou en versterk sy strukture regoor die land
# En, katastrofiese oorstromings eis sewe lewens in Sentraal- en Oos-Europa
# President Cyril Ramaphosa sê hy is oortuig die regering van nasionale eenheid is noodsaaklik vir groei en ontwikkeling in die land. Hy het verlede week met die koalisie-leiers vergader. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief ministers en adjunkministers maak vordering om die land se probleme op te los. Hy sê hulle erken dat die partye in die regering ‘n reeks politieke en ideologiese uitgangspunte verteenwoordig en voeg by verskille tussen die partye sal met tye meer sigbaar wees.
# Die hoof van die MK-party se presidensie, Magasela Mzobe, sê die bou en versterking van sy strukture vorder goed. Oudpresident Jacob Zuma se party het in die Mei-verkiesing net meer as 4,5-miljoen stemme gekry en die derde grootste party in die Nasionale Vergadering geword. Mzobe het aan die SABC gesê hulle het nie die luukse gehad om die party geleidelik te bou na sy vertoning in die verkiesing nie:
# Minstens sewe mense het in Oostenryk, Pole en Roemenië verdrink nadat die ergste reën in jare oor Sentraal- en Oos-Europa tot oorstromings gelei het. In die Tjeggiese Republiek word vier mense vermis nadat vloedwater 80-persent van die Silesiese stad Krnov oorstroom het. Rooi waarskuwings – die hoogste vorm van waak – is in dele van Pole, Duitsland, Tsjeggië, Oostenryk en Slowakye uitgeryk. Die Europese Unie het hulp aangebied aan lande wat deur die oorstromings getref is.
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy verwag Saterdag ʼn moeilike toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap-kragmeting in Santiago del Estero. Die Bokke kan hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas kan verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste onoorwonne span in die kompetisie is. Erasmus sê daar is nie veel verskil tussen die twee spanne nie, en voeg by voorbereiding en prestasie op toets-dag sal die bepalende faktor wees:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-696-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-518-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-88-sent per vat.
# En ter afsluiting, die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê ‘n boek van medelye vir die gewese minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sal dié week beskikbaar wees. Gordhan is Vrydag oorlede. Die woordvoerder vir die minister, Litha Mpondwana, sê die boek sal by die Departement van Openbare Ondernemings se kantoor in Pretoria beskikbaar wees tot Gordhan se begrafnis Donderdag:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….