Nuus 11:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 11 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi is bekommerd oor die meer as duisend verkragtingsake wat teruggetrek is
# Die EFF verwerp ‘n toekenning van 628-miljoen-rand van die Europese Unie
# En die Verenigde Nasies sê die Russies-Oekraïnse oorlog het reeds te lank aangehou
# RISE Mzansi sê met die groot aantal verkragtingsvoorvalle in Suid-Afrika, veral teen vroue, is dit kommerwekkend dat een-duisend-416 verkragtingsake weens onvoldoende bewyse teruggetrek is. In die 2023/’24-boekjaar is nege moordsake en 18 kapingsake ook teruggetrek. ‘n Woordvoerder van RISE Mzansi, Makashule Gana, sê meer speurders is nodig om seker te maak dat alle geloofwaardige sake vervolg word:
# Die EFF verwerp die onlangse toelaes van meer as 630-miljoen-rand wat die Europese Unie aan Suid-Afrika toegestaan het. Die toelaes sal die land se groenwaterstof-program ondersteun, insluitend die oprigting van energie-infrastruktuur en die uitbreiding van energie-doeltreffendheid. Die EFF sê die toelaes volg terwyl Suid-Afrika reeds met internasionale vennote besig is met sy program van Billike Energie-oordrag. Hy sê ook die land se energie-trajek mag nie deur buitelandse magte bepaal word wat hoofsaaklik oor hul eie omgewingsbeleid bekommerd is nie.
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hoewel hulle 450-miljoen oor drie jaar begroot het om die Rooiwal-watersuiweringsaanleg reg te ruk, het hulle nie die 3,2-miljard-rand wat benodig word om dit te vergroot nie. Die aanleg moet beduidend vergroot word om besoedeling te verhinder en te verhoed dat riool stroom-af in die Apiesrivier en die Leeuwkraaldam vloei. Brink sê die moontlikheid bestaan dat hulle die aanleg later anders sal moet benader en ook private vennootskappe sal moet oorweeg.
# Die Verenigde Nasies sê die oorlog tussen Oekraïne en Rusland duur te lank en veroorsaak geweldige lyding. Meer as 40-persent van Oekraïne se bevolking het humanitêre hulp nodig. Die kantoor van die Hoëkommissaris van Menseregte berig meer as 11-duisend-700 burgerlikes is sedert 24 Februarie 2022 dood. ʼn VN-woordvoerder, Joyce Msuya, sê hulle is diep bekommerd omdat gevegte onlangs na nuwe gebiede aan albei kante van die grens tussen Oekraïne en Rusland uitgebrei het:
# Rugby: Die Bulle se afrigter, Jake White, sê sy span is waarskynlik die naaste ooit daaraan om die balans tussen jeug en ervaring in die groep reg te kry. Hulle het verlede jaar die titel in die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop toe hulle teen Glasgow Warriors verloor het. White sê hy hoop die ervaring wat hulle opgedoen het, sal sy span help in die kampioenskap se uitspeelrondes:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 19-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-508-dollar-94-sent. Die prys van goud is twee-duisend-525-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….