Nuus 11:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu is teleurgesteld oor die rugby-verduistering vir die meeste Suid-Afrikaners
# ‘n UWK-belastinglektor bepleit waaksaamheid met die tweepot-stelsel
# En, tennis: Jack Draper verloor sy eerste Grand Slam-halfeindstryd teen Jannik Sinner by Amerikaanse Ope
# Cosatu is teleurgesteld die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Nieu-Seeland word nie vandag vir alle Suid-Afrikaners gewys nie. Woordvoerder Malvern de Bruyn sê dis ‘n hartseer dag vir gesinne in die werkersklas. Hy sê die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het met verlede Saterdag se wedstryd met ʼn foefie vorendag gekom en dit is ʼn regte bakhand-benadering vir diegene wat daaruit voordeel trek en Suid-Afrikaanse sport beheer:
# ʼn Lektor in belasting aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Zurelda Mongane, sê die bekendstelling van die tweepot-stelsel deur die regering kan vir baie mense onmiddellike finansiële verligting beteken. Sy maan egter individue om hierdie moontlikheid versigtig te benader en die implikasies goed te verstaan. Mongane vra Suid-Afrikaners om versigtig te wees en eers hulle huiswerk te doen voor hulle ʼn lewensveranderende besluit neem:
# Die Verenigde Nasies het ‘n volledige ondersoek aangevra nadat ‘n Amerikaans-Turkse vrou Vrydag in die besette Wesoewer doodgeskiet is. Die 26-jarige Aysenur Ezgi Eygi het naby die dorp Beita naby Nablus deelgeneem aan ‘n betoging teen die uitbreiding van Joodse nedersettings. Sy is na bewering deur Israelse troepe geskiet. Volgens die AFP-nuusagentskap is sy hospitaal toe gejaag met ‘n skietwond aan die kop, en is later dood verklaar. Israelse magte het vroeër onttrek aan die stad Jenin en sy vlugtelingkamp in die besette Wesoewer, na ‘n groot operasie van nege dae.
# Tennis: Die 25ste gekeurde Brit, Jack Draper, het by die Amerikaanse Ope met 5-7, 6-7, 2-6 teen Jannik Sinner van Italië verloor in sy eerste halfeindstryd in ʼn Grand Slam-toernooi. Hy is die vierde Britse man in die Ope-era om ‘n halfeindstryd by Flushing Meadows te haal. Dit was warm en bedompig in New York en albei spelers moes gedurende die wedstryd behandeling ontvang. Hulle is groot vriende en was verlede maand dubbelspelmaats by die Kanadese Ope. Sinner mik Sondag na sy tweede groot kampioenskapstitel wanneer hy teen die Amerikaner, Taylor Fritz, te staan kom.
# Ten slotte: Die Nasionale Dieretuin in Pretoria herdenk vandag Internasionale Aasvoëldag deur die sukses te vier van sy Kaapse Aasvoël-broei-en-vrylatingsprogram. Die program help reeds sedert 1996 om wilde bevolkings van die kwesbare spesie aan te vul. In samewerking met VulPro, gebruik die Dieretuin GPS-opsporing om vrygelate voëls te monitor. Die inisiatief stem ooreen met Suid-Afrika se Multi-spesie Biodiversiteitsbestuursplan vir Aasvoëls, gemik op die herstel van aasvoëlbevolkings teen 2033.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….