Nuus 11:00
BULLETIN 5 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee sê die land se ekonomie verkeer in ‘n noodtoestand
# Agri SA sê Suid-Afrika benodig vaardighede en strategie te midde van die Amerikaanse tariefverhoging
# En die hoof van die Verenigde Nasies is bekommerd oor die verslegtende toestande in Soedan
# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee sê die land se ekonomie beleef ʼn noodtoestand en dringende optrede is nodig. Ekonomiese groei het in die eerste kwartaal verlangsaam met die bruto binnelandse produk wat ʼn geringe toename van 0,1-persent getoon het. Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het in sy slotopmerkings gesê dringende optrede is nodig om die strategiese voorkeure in die Mediumtermyn-ontwikkelingsplan uit te voer:
AgriSA moedig die regering intussen aan om ervare onderhandelaars aan te stel om met Amerikaanse beamptes te vergader oor die invoertariewe van 30-persent, wat ‘n uitwerking op Suid-Afrikaanse landbou het. Uitvoerende hoof Johann Kotzé waarsku dat die tariewe die sitrus-, druiwe-, wyn-, makadamianeut- en volstruisleerbedryf kan seermaak. Kotzé sê ‘n pragmatiese strategie is uiters belangrik, al verteenwoordig dit net vier-persent van uitvoere, want die breër uitwerking op die waardeketting is ernstig. Die organisasie vra ook langtermyn uitbreiding na BRICS, die Vereniging van Suidoos- Asiatiese Nasies en streekmarkte.
# Die EFF sê die parlementêre ad hoc-komitee wat gestig is om die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, te ondersoek, is ‘n kritieke stap om die diepgewortelde probleme in die regstelsel te pak. Die komitee se opdrag is om ernstige bewerings van korrupsie, infiltrasie van misdaad-sindikate en politieke inmenging in wetstoepassingsagentskappe te ondersoek. Hy begin vandag met sy werksaamhede met die verkiesing van ‘n voorsitter. Die EFF sê hulle is ten gunste van ‘n voorsitter wat nie verbonde is aan die regering van nasionale eenheid nie.
Nuus uit die buiteland:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die situasie in Soedan as ‘n grootskaalse katastrofe en ontsaglik wreed. Die aanhoudende stryd tussen die Soedanese gewapende bagte en die para-militêre Rapid Support Forces het die land dieper in onrus gedompel. Meer as 12,4-miljoen mense is ontheem. Guterres se woordvoerder, Farhan Haq, sê die enigste manier om die beskerming van burgerlikes te verseker, is om die sinnelose konflik te beëindig:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, speel in die Cincinnati Ope, sy eerste toernooi sedert hy Wimbledon verlede maand gewen het. Hy sal die topgekeurde wees wanneer die toernooi later die week begin. Die Italianer het aan die Kanadese Ope onttrek nadat hy die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz, in Londen verslaan het. Die Spanjaard gaan by hom aansluit in Amerika, asook die plaaslike speler Taylor Fritz en die Duitser Alexander Zverev. Die toernooi is verleng na twee weke, met 96 spelers wat deelneem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-170-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-368-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….