Nuus 11:00
BULLETIN 17 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Justisie-minister het volle vertroue in die aangewese hoofregter Mandisa Maya se leierskap
# Nersa verseker openbare deelname sodra Eskom se inkomste-aansoek afgehandel is
# En, Tennis: ‘n Humeurige Alcaraz byt die spit af teen Monfils in die Cincinnati Ope
# Die minister van Justisie, Thembi Simelane, het haar volle vertroue in die adjunk-hoofregter, Mandisa Maya se vermoëns uitgespreek om Suid-Afrika se Konstitusionele Hof te lei. Maya het in ‘n onderhoud met SAnews Maya geloof as bekwaam en gereed, en sy beskou haar aanstelling as ‘n oorwinning vir vroue-verteenwoordiging. Simelane verwag Maya se leierskap sal geslagsgelykheid bevorder en geslagsgeweld aanpak. Maya neem haar pligte as die eerste vroue- hoofregter op 1 September op na die aftrede van hoofregter Raymond Zondo.
Die minister het intussen gesê sy is vol vertroue die uitlewering van Atul en Rajesh Gupta uit die Verenigde Arabiese Emirate gaan voort. Die broers kan aangekla word van staatskaping, soos uiteengesit deur die Zondo-kommissie. Sy bevestig ook die NVG is steeds op die spoor van Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, op aanklagte van bedrog:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het uitgeklaar dat Eskom se finale inkomste-aansoek vir die 2025/’26-boekjaar nog nie ingedien is nie. Nersa het bevestig die konsep-aansoek wat vir leiding ingedien is, word nog hersien. Woordvoerder Charles Hlebela sê sodra die finale aansoek ontvang is, sal Nersa regulatoriese prosesse volg, insluitend openbare raadpleging en verhore, om deursigtigheid en belanghebber-betrokkenheid te verseker:
# ‘n Vuisgeveg het Vrydag in die Turkse parlement uitgebreek toe ‘n adjunk-opposisieleier aangeval is na hy gevra het vir die vrylating van sy kollega Can Atalay wat in die tornk is. Ahmet Sik van die Turkse Werkersparty is geslaan terwyl hy gepraat het. Beeldmateriaal wys hoe LP’s van die regerende party vorentoe hardloop en Sik slaan. Talle meer het by die vuisgeveg betrokke geraak terwyl sommige probeer het om ander terug te hou. Daar was bloed op die wit trappe van die speaker se podium. Die adjunk-speaker het na die geveg ‘n reses van 45 minute aangekondig.
# En, Tennis: Carlos Alcaraz het sy raket woedend stukkend geslaan na sy verrassende nederlaag van 4-6, 7-6, 6-4 teen Gael Monfils gister in sy openingswedstryd by die Cincinnati Ope. Die heersende kampioen van Roland Garros en Wimbledon kon nie kers vashou teen sy ervare 37-jarige Franse teenstander nie. Alcaraz, wat derde op die wêreldranglys is, is op pad na die Amerikaanse Ope wat oor ‘n week begin sonder ‘n oorwining op ‘n harde baan en slegs een tweede-ronde sege. Die Spanjaard het verlede jaar in die eindstryd van die Cincinnati Ope teen Novak Djokovic verloor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….