Nuus 11:00
BULLETIN 12 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Sanco verander sy standpunt oor die regering van nasionale eenheid
# Daar was nóg ‘n ongeluk in Mpumalanga waarby leerder-vervoer betrokke was
# En, Hamas sal dalk nie aan die volgende ronde van wapenstilstands-onderhandelings deelneem nie
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie se nasionale uitvoerende komitee het nou besluit om die regering van nasionale eenheid te steun. Sanco het die afgelope paar maande saam met die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty die ANC se besluit gekritiseer om ‘n regering van nasionale eenheid saam met die DA te vorm. Die organisasie se sekretaris-generaal, Mike Soko, sê die verandering in sy standpunt spruit voort uit die arrogansie van die EFF en die MK-party tydens onderhandelings met die ANC:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik doen ‘n beroep op die Parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer om aandag te gee aan ernstige bestuurskwessies by die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid. Die organisasie se kommer sluit in die afwesigheid van ‘n permanente uitvoerende hoof die afgelope agt jaar, die omstrede heraanstelling van die bedryfshoof, Sobantu Tilayi, en ‘n hangende siviele eis van 44-miljoen-rand. Stefanie Fick van OUTA vra ‘n in-diepte-oudit en aanspreeklikheid oor onreëlmatige besteding:
# ‘n Ongeluk op die KaNyamazane-pad in Mpumalanga waarby ‘n vragmotor, ‘n skoolbus en ‘n bakkie betrokke was, het vanoggend die lewens van minstens drie mense geëis. Sewe-en-twintig mense is hospitaal toe geneem. Dit volg slegs ‘n paar weke nadat ses kinders dood is toe ‘n leerder-bus waarin hulle gereis het, in Middelburg, Mpumalanga, teen ‘n trein gebots het.
# Hamas het sy bedenkinge uitgespreek oor die volgende ronde skietstakingsonderhandelings wat vir Donderdag geskeduleer is. Hy wil hê enige hervatting moet op vorige planne gegrond word eerder as om ‘n nuwe onderhandelingsronde te begin. Hamas sê dit volg op Israel se aanval op ‘n skool in Gaza Saterdag waarin meer as 80 mense dood is. Die leiers van Brittanje, Frankryk en Duitsland het intussen in ‘n gesamentlike verklaring gesê hulle sal geen steen onaangeroer raak om die spanning te verlig en ‘n pad na bestendigheid te vind nie.
# Gholf: LIV-gholf het Graeme McDowell vir een toernooi geskors en beboet nadat hy ‘n ontstuwingsmiddel gebruik het wat ʼn verbode bestanddeel bevat. Hy sê ‘n erge verstopping het sy slaap benadeel en hy het ʼn generiese Vicks-neussproei gebruik sonder om te besef dis op die lys verbode middels. Die wenner van 2010 se Amerikaanse Ope sê hy is baie spyt hieroor. McDowell sal volgende week se geleentheid in Wes-Virginia misloop, maar mag weer volgende maand in Chicago deelneem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-313-dollar-41-sent. Die prys van goud is twee-duisend-436-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….