Nuus 11:00
BULLETIN 11 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP bevraagteken mislukking die van die staat se intelligensiedienste na die derde vermeende militêre-styl kamp onthul is
# Kaapstad kry toestemming om ‘n oorloopkanaal te bou om ‘n groter ramp in Riverlands te voorkom
# En, rugby: Curriebekeroorwinnings vir die Bulle, die Leeus en die Cheetahs
# Die ACDP sê hy sluit hom aan by talle Suid-Afrikaners wat diep bekommerd is oor die ontdekking van ‘n derde vermeende militêre-styl kamp in Modimole, Limpopo. Die adjunk-president van die ACDP, Wayne Thring, sê die mislukking van die staat se intelligensie-agentskappe om die bedreiging vir nasionale veiligheid te voorkom en te neutraliseer, is ontstellend. Thring sê dit is onverskoonbaar dat nog wapens en ammunisie opgespoor is sonder die regering se medewete, en eers ná ‘n wenk:
# Die Departement van Water en Sanitasie het die Stad Kaapstad toestemming gegee om ‘n oorloopkanaal by die vierde en oorblywende plaasdam naby Malmesbury te bou, wat glo op die rand van ineenstorting is. Die woordvoerder van die departement, Mandla Mathebula, sê die ineenstorting van die ander drie damme in Riverlands het gelei tot oorstromings wat erge skade aan eiendom en infrastruktuur aangerig het, en daartoe gelei het dat honderde mense humanitêre hulp nodig het:
# Hamas het die teenwoordigheid ontken van vegters in ‘n skoolgebou waar meer as ‘n duisend daklose Palestyne in Gaza Stad skuiling gesoek het, nadat dit deur ‘n Israelse lugaanval getref is. Meer as 80 mense het in die aanval gesterf en talle is in die hospitaal opgeneem. ‘n Israeliese weermagwoordvoerder sê die al-Taba’een-skool het as ‘n aktiewe Hamas en Islamitiese Jihad militêre fasiliteit gedien, met sowat 20 militantes wat daarvandaan geopereer het. Volgens die Verenigde Nasies is 477 van 564 skoolgeboue in Gaza teen 6 Julie direk getref of beskadig, met meer as twaalf wat sedertdien geteiken is.
# Rugby: Die Bulle lyk onoorwinlik in die Curriebekerseisoen en is stewig in die saal boaan die punteleer na ‘n 55-21-sege teen die Griffons op Loftus Versfeld. Die Griffons kon nog nie ‘n wedstryd wen nie. In Johannesburg het Ruan Venter ‘n driekuns vir die Leeus behaal, met Bronson Mills wat 20 punte bygevoeg het in hulle oorwinning van 55-12 teen die Pumas. En in Kaapstad het die Westelike Provinsie nog ‘n nederlaag gely nadat die Cheetahs ‘n agterstand van 13 punte ingehaal het om ‘n bonuspuntoorwinning van 29-19 in renerige weer te behaal. Die Haaie verwelkom die Griekwas vanmiddag in Durban.
# En, die Nasionale Soölogiese Tuin in Pretoria vier Wêreld-leeudag deur te spog met sy drie lewenskragtige leeuwyfies wat floreer in hulle nuwe bergagtige tuiste. Xena, Sora en Venus, wat deur wetstoepassingsowerhede as welpies gekonfiskeer is, is nou sterk en lewenslustige jong leeus. Hulle huisvesting van byna ‘n hektaar groot gee die “koninginne van die oerwoud” oorgenoeg ruimte om te speel en hulle omgewing te verken. Die span van die dieretuin werk hard om die leeus aktief en betrokke te maak, en gebruik goed soos hangende motorbande, vere en selfs olifantmis om hulle besig te hou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….