Nuus 11:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# MANCOSA sê sterk vroue-leierskap sal ‘n positiewe uitwerking hê op Suid-Afrika se verhaal
# Die Lughawensmaatskappy se hoof- inligtingsbeampte is as voorsorgmaatreël geskors
# En, rugby: ‘n Jong Franse speler het vermoedelik in Kaapstad verdrink
#Die MANCOSA Skool vir Onderwys sê vroue-leierskap kan steeds ‘n sinvolle bydrae lewer tot die toekoms van die Suid-Afrikaanse demokratiese verhaal. Die direkteur van kurrikulum by MANCOSA, Saritha Beni, sê Suid-Afrika het sedert 1994 besonderse geklem geplaas op onderwys, die invloed van sterk vroueleiers in onderwys en die rol wat hulle kan vervul om vorm te gee aan die land se narratief. Volgens Beni sal dit net meer word:
#Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het sy hoof- inligtingsbeampte, Mthokozisi Mncwabe, as ‘n voorsorgmaatreël geskors. ‘n Woordvoerder van ACSA, Ernest Mulibana, sê die maatskappy het vroeër ‘n mediaverklaring uitgereik dat daar geen waarheid steek in bewerings van ongerymdhede in die verkrygingsprosesse van ACSA nie, wat verband hou met die Geoutomatiseerde Grensbeheerprojek van 115-miljoen-rand. Nuwe inligting het egter intussen aan die lig gekom:
#Die polisie in die Wes-Kaap se die omstandighede rondom die dood van die 16-jarige meisie wie se liggaam in ‘n stoorkamer by die Hoërskool Overberg in Caledon gevind is, word ondersoek. Die woordvoerder van die polisie, FC van Wyk, sê Deveney Nel is Woensdag deur haar moeder as vermis aangemeld by die SAPD op Grabouw nadat sy nie huis toe gekom het na skool nie. Volgens Van Wyk is ‘n verslag oor ‘n vermiste persoon voltooi en rondgestuur:
# BMW herroep meer as 100-duisend motors in Amerika weens aansitters wat oorverhit. Die herroeping sluit in tussenmodelle en sedans, soos die X5, X7, 3 en 7-reekse. Die Nasionale Hoofweg-veiligheidsadministrateur van Amerika sê indien die aansitter weier, kan dit met herhaalde pogings om die voertuig aan te skakel oorverhit. Die Duitse vervaardiger sal ‘n sagteware-aanpassing uitreik om die probleem reg te stel en handelaars sal die aanpassing kosteloos doen.
# Ten slotte, rugby: SA Rugby het medelye uitgespreek nadat ‘n tiener Franse speler vermoedelik dié week by Kaappunt verdrink het. Die 17-jarige Medhi Narjissi was ‘n lid van sy land se onder-18-span wat deelneem aan ‘n toernooi saam met Suid-Afrika, Engeland, Ierland en Georgië. Hy is die see in meegesleur tydens ‘n uitstappie met sy spanmaats. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê hulle het steun beloof vir die Franse span en die tiener se familie, wat op pad is na Suid-Afrika.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….