Nuus 11:00
BULLETIN 3 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Energieraad van Suid-Afrika sê skoon tegnologie oorheers belegging wêreldwyd
# Cosatu eis onmiddellike optrede teen die marteling van Zimbabwiese vakbondlede
# En, Olimpiese Spele: Novak Djokovic en Carlos Alcaraz ding mee om mansenkelspeltitel in Parys
# Die uitvoerende hoof van die Energieraad van Suid-Afrika James Mackay sê skoon tegnologie loop wêreldwyd voor wat beleggings betref. Mackay het op die Sanlam-omgewings-, maatskaplike- en bestuurkonferensie gepraat oor hoe belangrik dit is dat Suid-Afrikaanse maatskappye mededingend en veerkragtig moet wees en moet besef wat die uitwerking van klimaatsverandering is. Hy vra vir ‘n regverdige energie-oorgang wat toegespits is op industralisering en werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en vervaardigingsgroei sal aanspoor:
# City Power het onwettige verbindings langs Londonstraat in Alexandra afgesny en kabels van tien-duisend-ton ter waarde van 500-duisend-rand gevind. Die woordvoerder Isaac Mangena sê die gesamentlike operasie met wetstoepassing het ten doel gehad om oormatige elektrisiteitsverbuik in hoëdigtheidsgebiede te verminder. Hy beklemtoon gemeenskapsamewerking is nodig om onwettige verbindings teen te werk vir betroubare kragvoorsiening, en het ook verwys na die risiko wat ongeoorloofde verbindings inhou en die druk wat dit op die netwerk plaas.
# Die vakverbond Cosatu steun die Zimbabwe Congress of Trade Unions in sy beroep op ‘n einde aan arbitrêre inhegtenisnemings en marteling van aktiviste in Zimbabwe. Dit kom in die aanloop tot die 44ste spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op 17 Augustus. Die vakverbond sê die algemene sekretaris van die Agricultural Trade Unions of Zimbabwe, Robson Chere, is geweldadig aangehou en gemartel. Zanele Sabela van Cosatu eis ‘n deursigtige ondersoek en aanspreeklikheid, en moedig leiers van die SAOG aan om op te tree teen dié menseregtekwessies:
# ‘n Polisiekantoor in Engeland is aan die brand gesteek en beamptes is met voorwerpe bestook toe ‘n betoging in Sunderland ontaard het in ‘n nag van “misdadige boewery”. Agt mense is in hegtenis geneem vir ‘n reeks oortredings, waaronder geweldadige oproer en diefstal. Die onluste het blykbaar uitgebreek in reaksie op die Southport-mesaanvalle, waarin drie jong meisies dood is. Die polisie in Liverpool moes ook gisternag spanning ontlont toe groepe betogers buite ‘n moskee saamgedrom het. Die owerhede vrees onluste kan die naweek voortduur.
# En, die Olimpiese Spele: Die 24-malige Grand Slam-wenner Novak Djokovic kom môre in die wedstryd om die mansenkelspeltitel te staan teen Carlos Alcaraz. Die kragmeting is ‘n herhaling van die afgelope twee Wimbledon-eindstryde, wat Alcaraz gewen het. Djokovic is 37, wat hom die ouste man maak wat in ‘n Somerspele-tenniseindstryd speel. Op 21 is Alcaraz weer die jongste. Die stryd om die mansenkelspel-bronsmedalje vind vandag plaas tussen Lorenzo Musetti van Italië en die Kanadees Félix Auger-Aliassime.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….