Nuus 11:00
BULLETIN 21 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC hou vol met die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering
# Die minister van Kommunikasie wil twee-miljoen huishoudings digitale verbinding gee
# En, tennis: Nadal is deur na sy eerste eindstryd in twee jaar in Bastad
# Die ANC sal nie toegewings maak oor die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering nie, ondanks beroepe vir ‘n hersiening deur partye soos die DA. Volgens die ANC wil die NGV alle Suid-Afrikaners gratis gesondheidsorg gee. Die sekretaris-generaal Fikile Mbalula het die media toegespreek na president Cyril Ramaphosa se openingtoespraak in die Parlement en gesê die NVG sal gelyke toegang tot gesondheidsorg verseker:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie Solly Malatsi wil meer as twee-miljoen huishoudings met die digitale wêreld verbind. Met 1,8-miljard-rand toegeken aan fases een en twee van die SA Connect-program, beplan Malatsi om vyf-duisend-900 kuberkolle te vestig, wat vanjaar meer as een-miljoen huishoudings sal dek. Die minister lig ook groot struikelblokke uit wat die instelling in die wiele kan ry:
# Die adjunkminister van Menslike Nedersettings Tandi Mahambehlala beklemtoon die belangrikheid van die ontwikkeling van menslike hulpbronne in TVET-kolleges en vaardigheidsopleiding vir ekonomiese groei. Mahambehlala het in die Parlement die sukses opgehaal van die uitreik van meer as een-miljoen titelaktes en die ontwikkeling van meer as 300-duisend maatskaplike behuisingseenhede. Sy lig aansienlike belegging uit in infrastruktuur en met werkskepping, waaronder agt-miljoen geleenthede in die Uitgebreide Openbare Werkeprogram:
# Die voorkoms van die hoogs-oordraagbare poliovirus in Gaza veroorsaak die risiko dat duisende Palestyne die siekte kan opdoen, wat verlamming kan veroorsaak. Toetse deur die Ministerie van Gesondheid in Gaza en die Wêreldgesondheidsorganisasie het monsters van die virus in rioolwater aangetref. Die organisasie sê niemand in Gaza is nog behandel vir lamheid of ander simptome van polio nie, maar inwoners “staan nou voor die bedreiging” wat die siekte inhou. Verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies werk saam met plaaslike gesondheidsowerhede om vas te stel hoe ver die virus versprei het.
# En, tennis: Rafael Nadal is deur na sy eerste eindstryd sedert sy oorwinning by die Franse Ope in 2022. Hy het gister in Bastad, Swede, die kwalifiseerder van Kroasië Duje Ajdukovic in drie stelle geklop. Die Spanjaard het teruggeveg nadat hy die eerste stel afgestaan het, en met 4-6, 6-3, 6-4 gewen. Nadal kom in vandag sy eindstryd te staan teen die sewende gekeurde Nuno Borges van Portugal in sy soeke na die 93ste enkelspeltitel van sy loopbaan. Hy gebruik die byeenkoms in Bastad om sy vere reg te skud vir die Olimpiese Spele in Parys, waar die tennis op Roland Garros se kleibane gespeel word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….