Nuus 11:00
BULLETIN 12 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê hy het nie sy standpunt oor die Nasionale Gesondheidsversekering verander nie
# Die Gautengse Onderwysdepartement ontvang ‘n rekordgetal aanlyn aansoeke vir graad 1 en 8
# En, motorsport: Die aanbieders van F1-snelrenne vir die volgende seisoen word bevestig
# Die DA sê hy is steeds gekant teen die Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige formaat en meen dit sal Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgstelsel vernietig. Die DA en die Vryheidsfront Plus, wat deel is van die regering van nasionale eenheid, het in die verlede met regstappe gedreig om die instelling van die NGV te keer. Michéle Clarke van die DA sê die NGV in sy huidige formaat is onbekostigbaar en moet dringend hersien word:
# Statistieke Suid-Afrika sê wetenskaplikes se kommer oor 2022 se sensus is ongegrond en misleidend. Die Mediese Navorsingsraad het ‘n verslag bekend gemaak wat sê die sensus is gebrekkig en mense kan nie daarop staat maak vir die toekenning van begrotings nie. Wetenskaplikes sê die bevolkingsberaming van 62-miljoen is ‘n miljoen te veel en daar is wesenlike teenstrydighede op munisipale vlak. Statistieke SA sê plaaslike en internasionale statistiek-kenners het die akkuraatheid van die sensus onder die toesig van die Statistiekraad bekragtig.
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê die proses om vir 2025 aanlyn aansoek te doen vir graad een en agt, is oop tot 12 Augustus. Die departement het reeds meer as 229-duisend aanlyn aansoeke ontvang sedert die stelsel gister geopen het. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die hoë syfer dui op die verbetering in die stelsel en die vraag na die gehalte-onderrig wat die provinsie se openbare skole bied:
# Die jongste studie van die Europese Unie se Fundamentele Regte-agentskap toon 75-persent van Jode in Europa voel hulle word verantwoordelik gehou vir die optrede van die Israelse regering. Die peiling is gedoen voor Hamas se aanvalle in Israel in Oktober verlede jaar en Israel se teenaanvalle in Gaza. Tagtig-persent van die deelnemers voel anti-Semitisme het toegeneem in hulle lande, met 90-persent wat sê hulle het teen-Joodse gevoelens aanlyn ervaar. Die EU het maatreëls teen anti-Semitisme ingestel wat tot ‘n mate suksesvol was.
# Motorsport: Formule Een het aangekondig dat ses Grand Prix-snelrenne volgende jaar aangebied gaan word – dieselfde getal as vanjaar. China, Miami, België, Austin, Brasilië en Katar is gekies om dié alternatiewe formaat aan te bied. Sao Paulo in Brasilië bied die snelren elke jaar sedert 2021 aan terwyl België dit die eerste keer sedert verlede jaar sal aanbied. F1 se voorsitter, Stefano Domenicali, sê die snelrenne was tot nou ‘n groot sukses want dit bied toeskouers meer aksie op die baan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-54-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-226-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-402-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….