Nuus 11:00
BULLETIN 6 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die nuwe minister van Bosbou, Visserye en die Omgewings fokus op die befondsing van energie
# Ministers Lamola en Blinken bespreek sleutel-wêreldkwessies tydens ‘n hoflikheids-oproep
# En, rugby: Cheslin Kolbe sê die Bokke kan nie wag om teen Ierland te speel nie
# Die nuwe minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het sy voorkeure uiteengesit, waaronder klimaatsverandering en finansiering vir energie. George het Barbara Creecy vervang, wat nou die minister van Vervoer is. Hy is vol lof vir haar nalatenskap in die portefeulje. George streef na ‘n soomlose oorgang na ‘n lae koolstof-ekonomie en groei wat werk skep. Hy onderstreep die belangrikheid van volhoubare ontwikkeling vir Suid-Afrika se ekonomiese toekoms:
# Die Mededingingskommissie sal nie Johnson-en-Johnson en sy filiaal, Janssen Pharmaceutica, vervolg vir beweerde onmededingende optrede nie. Dit hou verband met die tuberkulose-middel, Bedaquiline. Die maatskappye het ná uitgebreide samesprekings ingestem om nie die Bedaquiline-patent af te dwing in 134 lae- en middelinkomste-lande, insluitend Suid-Afrika, nie. Die maatskappye het ook die medisyne se prys met 40-persent verlaag vir die Departement van Gesondheid. Die kommissie sê hy bly waaksaam oor farmaseutiese sekondêre patenterings-praktyke.
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het onderneem om bilaterale verhoudings uit te brei ter wille van wêreldvrede en sekerheid. Blinken het in ‘n hoflikheids-oproep ook Rusland se oorlog teen Oekraïne en die Gaza-konflik met Lamola bespreek. Hulle het klem geplaas op die behoefte aan ‘n onmiddellike skietstilstand. Die ministers herbevestig ook die belangrikheid van samewerking tussen die VSA en Suid-Afrika, veral oor die Atlanta Phambili-program.
# Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, het onthul meer as 50 kandidate en aktiviste is fisies aangeval in die aanloop tot môre se gespanne finale ronde van die parlementêre verkiesing. In die jongste voorvalle is regeringswoordvoerder Prisca Thevenot, haar adjunk, Virginie Lanlo, en ‘n party-aktivis wreed aangeval terwyl hulle verkiesingsplakkate opgehang het in Meudon, suid-wes van Parys. Ontleders sê die vlaag aanvalle regoor Frankryk weerspieël die atmosfeer tydens stemwerwing in ‘n verkiesing wat die verregse Nasionale Saamtrek-party waarskynlik sal wen.
# En, rugby: ‘n Klipharde stryd word vanmiddag in Pretoria verwag wanneer die twee topspanne op die wêreld-ranglys, Suid-Afrika en Ierland, op Loftus Versfeld teen mekaar te staan kom. Die Bokke het slegs teen Ierland verloor tydens verlede jaar se triomfantelike Wêreldbeker-veldtog, en wil sake regstel. Hulle waag geen kanse nie en het ‘n sterk span vol Wêreldbeker-wenners gekies. Die vleuel Cheslin Kolbe sê hulle is gereed vir ‘n reusestryd:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….