Nuus 11:00
BULLETIN 29 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Universiteit van die Wes-Kaap kondig die onmiddellike verbreking van bande met Israelse instellings aan
# Israel stuur ‘n nuwe grondoffensief in Gaza van stapel
# En, sokker: Euro 2024 bereik die uitklopfase
# Die Universiteit van die Wes-Kaap het sy verbintenis tot solidariteit met die mense van Palestina herbevestig met ‘n beslissende mosie wat die universiteitsraad, die senaat, die konvokasie en die studenteraad onderskryf het. UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die mosie bevestig hulle onwrikbare steun vir geregtigheid, menseregte en die heropbou van die Palestynse hoër onderwys-instellings. Abarder sê die universiteit verbreek sy bande met Israeliese akademiese instellings ten volle:
Intussen is minstens ses mense, insluitend vier kinders, dood en verskeie ander mense gewond na Israelse weermagaanvalle oornag op woonbuurte in Gaza Stad. Die VN se woordvoerder, Stephanie Dujarric, sê die jongste Israeliese grondaanvalle in die Shujayea-buurt het minstens 60-duisend inwoners gedwing om te vlug. Sy voeg by die Israeliese militêre operasies in die al-Mawasi-gebied in die suide van Gaza het tot talle ongevalle gelei, en sowat vyfduisend mense dakloos gelaat. Ongevalle is ook na ‘n aanval op die sentrale Maghazi-vlugtelingkamp in Gaza aangemeld.
# In KwaZulu-Natal het die KwaDukuza Streekhof ‘n 47-jarige vrou vir 18 jaar tronk toe gestuur vir die moord op haar vierjarige dogtertjie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê terwyl die dogtertjie in April 2022 ná ontbyt televisie gekyk het, het die vrou beplan om haar eie lewe te neem. Sy het gevoel sy kan nie haar dogter agterlaat nie:
# Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op Giyani het ‘n Zimbabwiese burger, Tauzeni Piason, tot een-miljoen-rand of vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir die besit van onwettige sigarette. Daarbenewens is hy tot vyf-duisend-rand of ses maande gevangenisstraf gevonnis vir onwettige immigrasie. Die streekswoordvoerder van die NVG in Limpopo, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê die hof het gewys op die ekonomiese gevolge van sulke oortredings:
# En, sokker: Die uitklopfases van die Euro 2024 skop vandag af. In die eerste groep van 16 wedstryde kom Italië teen Switserland in Berlyn te staan. Die Italianers is die gunstelinge om die kwarteindronde te haal. Die gashere, Duitsland, hoop om die opwinding van die toernooi lewend te hou deur Denemarke vanaand in Dortmund te klop. Een van die gunstelinge, Engeland, meet môre kragte met Slowakye in Gelsenkirche. In die laaste stryd van die naweek pak Spanje een van die kleintjies, Georgië, in Keulen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….