Nuus 11:00
BULLETIN 28 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa versoek ‘n gesamentlike sitting van die Parlement op Nelson Mandeladag
# Die Afrika Gasvryheidsbeleggingsforum stimuleer die vasteland se ekonomiese groei
# En kanovaart: Die Bergrivier-marathon lyk of dit ‘n stryd tussen oud en jonk gaan wees
# President Cyril Ramaphosa het gevra dat ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gehou word vir die Parlementsopening op 18 Julie 2024. Die sitting wat saamval met Internasionale Nelson Mandela-dag, sal die president kans gee om die sewende administrasie se prioriteite uiteen te sit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê die geleentheid wil Mandela se nalatenskap eer:
# Die 14de Internasionale Skenkerregistrasie-konferensie vind by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad plaas. Die geleentheid word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister en die Wêreldvereniging van Beenmurgskenkers, en word bygewoon deur wetenskaplikes, dokters en globale skenkerregisters. Die hooffokus is die vordering in stamselnavorsing en skenkerdiversiteit. Vordering sluit in dat swart skenkers van vyf-persent toegeneem het tot 10- tot 12-persent. Ondersteuning met fondse en die werwing van skenkers is noodsaaklik vir programme om pasiënte te help.
# Die Stad Ekurhuleni sê sakeondernemings en inwoners kan van 1 Julie af ʼn matige verhoging in hulle nutsrekeninge verwag nadat tariewe verhoog is. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê water verhoog met 9-persent, riooldienste met 7-persent en vullisverwydering met 6-persent. Afhangende van die kategorie, styg elektrisiteitspryse ooreenkomstig die Nasionale Energiereguleerder se riglyne met tussen 11,02-persent en 12,74-persent:
# Die Afrika Gasvryheid-beleggingsforum het sake afgehandel by die Movenpick Hotel in Windhoek in Namibië. Hierdie eerste Suider-Afrika-geleentheid het vooraanstaande internasionale hoteleienaars, beleggers en bedryfsleiers gelok. Die forum se doel is om groei te inspireer, ontwikkeling te bevorder en gasvryheidsbelegging in die streek aan te dryf. Lullu Krugel van PwC Suid-Afrika het beklemtoon hoe belangrik dit is om te verstaan wat beleggers na Afrika lok:
# Kanovaart: Die 13-malige wenner Hank McGregor het dié week bevestig hy sal nie aan die 2024 Bergrivier-kanomarathon deelneem nie. Dit laat die vierdaagse kanovaart van die Paarl tot Velddrif wawyd oop vir jonk en oud wat almal hoop om op 6 Julie ʼn plek op die podium te kry. Die Bergrivier-marathon begin Woensdag in die Paarl en deelnemers roei op die eerste dag 62 kilometer tot by Zonkwas-drif. Dag twee is van Zonkwasdrif tot by Bridgetown, met die uitmergelende Koninginskof tot by Zoutkloof. Wind en getye kan die laaste 57 kilometer tot in Velddrif ʼn uitdaging maak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-238-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-328-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….