Nuus 11:00
BULLETIN 23 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA veroordeel Zizi Kodwa se terugkeer na die Parlement te midde van korrupsieklagtes
# Agt-en-vyftig MK-partylede word Dinsdag ingehuldig
# En, tennis: Paul uitoorlê Korda en kom te staan teen Musetti in die Queen’s-eindstryd
# ActionSA veroordeel die terugkeer van die korrupsie-beskuldigde Zizi Kodwa na die Parlement skerp. Die staatskapingsverslag het bevind Kodwa het omkoopgeld van 1,6-miljoen-rand ontvang. Die party kritiseer die ANC oor die stap en voer aan dit ondermyn die oppergesag van die reg. Athol Trollip van ActionSA vra die ANC om die Parlement se integriteit voorop te stel deur Kodwa se kandidaatskap terug te trek:
Intussen word die MK-party se 58 verkose lede word Dinsdag ingehuldig nadat hulle die eerste sitting van die Nasionale Vergadering misgeloop het. Die Parlement bevestig ‘n kennisgewing van die party oor die aanvul van sy lys van kandidate met nog 21 lede. Die speaker Thoko Didiza sal die plegtigheid behartig. Die parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê reis in verblyfreëlings word getref:
# Transnet tree dissiplinêr op teen die uitvoerende hoof van die Nasionale Hawe-owerheid Pepi Silinga na ‘n wanoptrede-ondersoek. Silinga, wat sedert Januarie met verlof is, word saam met ander bestuurders aangekla na ‘n ondersoek deur prokureurs van Bowmans en ondersoekers van Fundudzi, oor ‘n tender vir die veeldoelige terminaal by die Ngqura-hawe in die Oos-Kaap. Phyllis Difeto neem waar as uitvoerende hoof. Onafhanklike voorsitters is aangestel vir die tugstappe. Dit volg op die swak prestasie-beoordelings vir Suid-Afrikaanse hawens, met Ngqura was wêreldwyd die tweede swakste is.
# Die eerste minister van Egipte Ibrahim Mahlab het 16 toerismemaatskappye hulle lisensies ontneem omdat hulle onwettige hadj-pelgrimstogte in Saoedi-Arabië gereël het. Meer as ‘n duisend mense is dié jaar dood, talle weens versengende hitte, met die kwik wat tot bo 50-grade Celsius gestyg het. Die jaarlikse pelgrimstog na die heilige stad Mekka is een van die vyf pilare van Islam, en alle Moslems wat kan moet dit minstens een keer in hulle lewens onderneem.
# En, tennis: Die vyfde-gekeurde Amerikaner Tommy Paul het gister sy landgenoot Sebastian Korda 6-4, 7-6 verslaan in die halfeindstryd van die Queen’s-klub Kampioenskappe. Hy kom vandag in die eindstryd te staan teen die Italianer Lorenzo Musetti. Paul is die eerste Amerikaanse finalis by Queen’s sedert die eindstryd in 2010 tussen twee Amerikaners, Sam Querrey en Mardy Fish. Die 27-jarige Paul, wat die enigste gekeurde speler in die halfeind was, is in die tweede ATP 500-finaal van sy loopbaan en het nou ATP-toereindstryde bereik op klei, gras en harde bane.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….