Nuus 11:00
BULLETIN 22 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF eis die bedanking van die korrupsie-aangeklaagde OVK-kommissaris Nomsa Masuku
# ‘n NSFAS-administrateur doen ‘n beroep op verhuurders om nie studente uit te sit te midde van vertraagde betalings in die Oos-Kaap nie
# En, krieket: Die Wes-Indiese Eilande gee Amerika ‘n loesing en steek Engeland verby by die T20 Wêreldbeker
# Die EFF vra die kommissaris van die Verkiesingskommissie Nomsa Masuku om uit te tree na haar arrestasie vir beweerde bedrog van 1,2-miljoen-rand terwyl sy Standard Bank se “Adopt A School“-program gelei het. Die woordvoerder van die EFF Leigh-Ann Mathys sê as Masuku demokratiese beginsels ernstig opneem, sal sy bedank sonder om die OVK se reputasie verder te skend, en om die publiek se vertroue te behou in die integriteit van die verkiesingsproses:
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente doen ‘n beroep op verhuurders om nie studente weens vertraagde betalings uit te sit nie. NSFAS se administrateur, Freeman Nomvalo, sê na hulle met Koning Sabata Dalindyebo TVET-kollege amptenare en studenteleiers in die Oos-Kaap ontmoet het, het hulle hulle verbind tot die oplossing van die toelae en huisvestingsbetalingskwessies. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, het ‘n beroep op verhuurders gedoen om studente nie oor uitstaande betalings uit te sit nie en hulle eise in te dien:
Intussen het die skema bekendgemaak provinsiale promosietoere begin volgende maand. Dit is met die doel om die aansoekproses vir akkommodasie van volgende jaar af te vereenvoudig. Die promosietoere is daarop gemik om die dinamiek by instellings te verstaan en om die riglyne van die skema te verduidelik om ‘n seepgladde aansoekproses daar te stel. Mnisi sê uitdagings met akkommodasie en die betaling van studentetoelaes, insluitende betalings wat nog uitstaande is, sal aangespreek word:
# Minstens 25 Palestyne is dood, en 50 gewond, na ‘n aanval deur Israelse tenks op tente vir ontwortelde gesinne in Rafah. Die jongste aanval in die voortslepende konflik tussen Israel en Hamas in Gaza was in Mawasi in die weste van Rafah. Ooggetuies het aan Associated Press gesê Israelse magte het ‘n tweede sarsie afgevuur waartydens mense wat uit hulle tente gekom het, dood is. Die Israelse weermag sê daar is geen aanduiding dat ‘n aanval binne die veilige sone deur sy troepe uitgevoer is nie.
# En, krieket: Shai Hope se stylvolle, onoorwonne 82 het die Wes-Indiese Eilande weer hoop gegee vir ‘n T20 Wêreldbeker-halfeindstryd na ‘n nege-paaltjie loesing vir hulle mede-gashere, Amerika. ‘n Nederlaag teen Engeland in hulle aanvangs-Super 8-wedstryd het die Windies onder druk geplaas, maar hulle het reageer met ‘n dominante sege in Barbados. Nadat hulle Amerika uitgeboul het vir 128, het Rovman Powell se span die teiken in net tien beurte en vyf balle bereik. Daarmee het hulle Engeland in die kompetisie verbygesteek. Die Wes-Indiese Eilande speel Maandag teen die Proteas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….