Nuus 11:00
BULLETIN 30 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Motsoaledi verwelkom die verslag oor die suurstof-tender van 800-miljoen-rand
# Die Madlanga-kommissie sal sowat 147,9-miljoen-rand oor ses maande kos
# En ‘n Russiese distrik kondig ’n noodtoestand af na tsoenami-golwe die gebied tref
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die bekendmaking van die verslag oor die tender vir die suurstofaanleg van 800-miljoen-rand sal uiteindelik die omstredenheid opklaar. ‘n Forensiese ondersoek het bevind dat die Onafhanklike Ontwikkelingstust die tender vir die aankoop van suurstofaanlegte by 55 openbare hospitale aan ‘n ongekwalifiseerde maatskappy toegeken het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die betrokke individue het nie net finansiële korrupsie gepleeg nie, maar burgers van dringende lewensondersteuning in die vorm van suurstof ontneem:
Die DA loof intussen die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, vir die afdwinging van werklike aanspreeklikheid met die tender. Edwin Macrae Bath van die DA sê die minister het onmiddellike stappe gedoen om die strafregtelike aspekte van die skandaal onder die Valke se aandag te bring:
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê die Madlanga-ondersoekkommissie se beraamde begroting vir ses maande is 147,9-miljoen-rand. Die kommissie wat deur president Cyril Ramaphosa aangestel is, sal KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van korrupsie en sameswering in die strafregstelsel ondersoek. Die departement sal ook toesig hou oor die verkrygingsproses vir die kommissie se bedrywighede. Hy sê weens die kommissie se tydlyne het hy by die Nasionale Tesourie aansoek gedoen om af te wyk van die standaard-verkrygingsprosesse.
Nuus uit die buiteland:
# Russiese owerhede het ‘n noodtoestand in die noordelike Koeril-eilande afgekondig na die tsoenami wat veroorsaak is deur die kragtige aardbewing van 8,8 naby die Kamtsjatka-skiereiland. Die aardbewing het tot tsoenami-waarskuwings en ontruimings in kusgebiede aan die Stille Oseaan gelei, insluitend in die Filippyne, Indonesië en Japan. ‘n Tsoenami-waarskuwing is vir die weskus van Amerika uitgereik, sowel as dele van die Aleoetiese Eilande in Alaska en Hawaii. Die goewerneur van Hawaii, Josh Green, het mense gevra gedoen om ontruimingsbevele te gehoorsaam:
Nou sportnuus:
# Wêreldrugby waarsku dat toetse steeds die toppunt is en enige franchise-liga wat spelers nie daardie geleentheid bied nie, nie die beste talent sal lok nie. Uitvoerende hoof Alan Gilpin het reageer op die beplande wêreldwye R360 (R-three-sixty)-globale liga wat deur die voormalige Engelse senter Mike Tindall aangevoer word. Dit beplan glo om die voorste spelers te lok met reuse-geldelike aanbiedings soos IPL-krieket en LIV-gholf. Gilpin sê hulle verwelkom enige belegging wat ‘n meer finansieel-bestendige sport skep. Wêreldrugby dwing erkende kompetisies om spelers vry te stel vir toetse.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-246-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-330-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….