Nuus 11:00
BULLETIN 8 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Bantu Holomisa vra ‘n dringende vergadering aan met Raymond Zondo te midde van onderhandelings oor ‘n regering van nasionale eenheid
# Kenners is besorg oor die kwynende geslagsgelykheid in die nuwe Parlement
# En, krieket: Die Proteas is vasbeslote om nie weer teen Nederland vas te val nie
# Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het ‘n dringende vergadering met hoofregter Raymond Zondo aangevra terwyl partye onderhandel om ‘n regering van nasionale eenheid saam te stel. Holomisa het die noodsaaklikheid van ‘n kritieke vergadering beklemtoon om ‘n deursigtige, samewerkende agenda vir Suid-Afrika te bevorder. Hy het die belangrikheid van inklusiewe besluitneming uitgelig in die ontwikkeling van die regeringslandskap. Hy benadruk die noodsaaklikheid om die voorgestelde regering van nasionale eenheid te bespreek, asook sy agenda vir die volgende vyf jaar.
Intussen is geslagskenners teleurgesteld oor die kwynende geslagsgelykheid in die nuwe Parlement, soos weerspieël in die finale partylyste. ‘n Woordvoerder van die WISE Advocacy Group, Brenda Madumise, sê die ANC het by sy gebruik gehou om geslagte af te wissel, maar die EFF het verbeter. Daarteenoor mis die DA en die MK-party die kol. Madumise wys op die perfekte verdeling van 50-50 van die Patriotic Alliance met sy vier setels. Intussen sê Amanda Gouws van Stellenbosch Universiteit in die ANC se verminderde 159 setels is 79 vroue.
# Die Verenigde Nasies se humanitêre hoof, Martin Griffiths, kritiseer leiers in konflikgebiede wat mag bo mense se behoeftes stel. Griffiths het in ‘n onderhoud die verskriklike gevolge uitgelig vir miljoene wat vasgevang is in geweld. Griffiths sê pogings om die Israel-Hamas-konflik op te los is onvoldoende. Hy beklemtoon die dringende behoefte aan meer humanitêre hulp en politieke diplomasie om konflikte te beëindig en ontheemde bevolkings te ondersteun:
# Krieket: Suid-Afrika kom vandag teen Nederland te staan in hulle tweede wedstryd by die T20 Wêreldbeker. Die Nederlanders het die Proteas twee keer die afgelope twee jaar in Wêreldbeker-ontmoetings die loef afgesteek. Dis die tweede agtereenvolgende wedstryd in New York vir die Suid-Afrikaners, wat Sri Lanka in ‘n wedstryd met lae tellings geklop het. Paaltjiewagter en kolwer Heinrich Klaasen hoop dis ‘n beter kolfoppervlak:
# Ten slotte: Wêreld Oseanedag, ‘n inisiatief van die Verenigde Nasies, is daarop gemik om optrede aan te vuur om marienelewe te beskerm. Die dag skep bewustheid van die lewensbelangrike doel van die oseane vir oorlewing met die opwek van 50-persent van die wêreld se suurstof. Die president van die VN Algemene Vergadering, Dennis Francis, is besorg oor die besoedeling en aftakeling van oseane deur mense se bedrywighede:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….