Nuus 11:00
BULLETIN 18 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa moedig kiesers aan om hulle demokratiese reg uit te oefen
# Borgtog word geweier vir ses beskuldigdes in die Kaizer Chiefs-speler Luke Fleurs se moordsaak
# En, motorsport: Leclerc is voor by Imola, te midde van ‘n moeilike dag vir Verstappen
# President Cyril Ramaphosa doen ‘n oproep op stemgeregtigde kiesers om op 29 Mei hulle demokratiese reg uit te oefen. Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid van die proses, wat 30 jaar van demokrasie vier. Die president lig die reg om te stem uit as ‘n hoeksteen van Suid-Afrika se demokratiese bestel, vasgelê in die Handves van Regte. Hy sê, om te stem toon geloof in die demokrasie en beïnvloed die toekomstige rigting van die land:
# Die Landdroshof in Roodepoort het borgtog geweier aan ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Kaizer Chiefs-speler Luke Fleurs vermoor het. Ndumiso Moswane, Fernando Sive, Nhla-kanipho Dlamini, Franky Xaba, Maredi Mpha-hlele en Thembinkosi Hlomi-khawu bly in aanhouding tot 27 Junie terwyl ondersoeke voortduur. Die woordvoerder van die NVG, Phindi Mjonon-dwane, sê hulle staar klagtes van moord, roof en die besit van vuurwapens in die gesig:
# Noodledigingbesendings het gister deur in Amerikaans-geboude seehoof aan die kus van die Gazastrook begin inkom, met toenemende globale druk op Israel om meer voorrade vir Gaza toe te laat. Die tydelike drywende seehoof is voorafvervaardig in die Israelse hawe Ashdod. Intussen was Israelse magte gister betrokke by skermutselings in Jabalia in noord-Gaza, in van die hewigste gevegte vandat hulle ‘n week gelede na die gebied teruggekeer het. Inwoners het aan Reuters gesê Israelse stootskrapers vee huise en winkels plat voor die aanslag.
# Motorsport: Charles Leclerc was gister die vinnigste in sy opgradeerde Ferrari in die oefensessie vir die Italiaanse span se tuis Emilia Romagna Grand Prix. Red Bull se Formule Een-voorloper Max Verstappen het egter gesukkel. Reuters berig Leclerc het beide sessies gewen op Imola se Enzo and Dino Ferrari-baan. Oscar Piastri van McLaren was die naaste aan Leclerc in die tweede sessie. Yuki Tsunoda van RB was derde in die tweede sessie. Verstappen kon net onderskeidelik die vyfde en sewende plek inpalm nadat sy motor in beide sessies die baan verlaat het.
# En, laastens: ‘n Proef-entmiddel het lae vlakke van teenliggame opgewek wat nodig is om MIV te teiken, wat ‘n belangrike stap is tot infeksievoorkoming. Die eksperimentele entmiddel is ontwikkel by die Duke-universiteit in Amerika en het in 2019 ‘n skaars soort breed-neutraliserende teenliggaam opgewek in ‘n klein groep deelnemers aan ‘n kliniese proefneming. Die deurbraak, uitgegee in die vaktydskrif Cell, bied hoop vir ‘n doeltreffende MIV-inenting. Kenners, onder wie Glenda Grey van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, loof die bevindinge as deurslaggewende vordering op die gebied.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….