Nuus 11:00
BULLETIN 14 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie sê drie stembriewe sal nie die telproses belemmer nie
# ActionSA is teleurgesteld dat Ramaphosa die Wetsontwerp op Gesondheidsversekering gaan onderteken
# En ’n lid van die Verenigde Nasies se veiligheidspersoneel is in ’n aanval in Gaza dood
# Die Verkiesingskommissie het Suid-Afrikaners verseker die tel van stemme sal nie beïnvloed word omdat kiesers op drie stembriewe moet stem in die algemene verkiesing op die 29ste nie. Kiesers kry ‘n stembrief elk vir ʼn nasionale stem, ʼn streekstem vir verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering, en een vir provinsiale wetgewers. Die OVK sê die bykomende stembrief sal nie stemtellery vertraag nie, maar kan die kiesproses vertraag wanneer mense gaan stem.
# ActionSA is teleurgesteld dat president Cyril Ramaphosa pleidooie ignoreer het om nie die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering as wet te bekragtig nie. Die president beplan om die wetsontwerp môre by die Uniegebou in Pretoria te onderteken. Tebogo Mathibane van ActionSA sê die NGV se bedoeling om ongelykheid in gesondheidsorg aan te spreek, is goed maar in sy huidige vorm skep dit geleentheid vir korrupsie soos tydens die Covid-19-pandemie:
# Die George-munisipaliteit sê hy het streng bevestigings-prosesse ingestel vir die familielede van die oorledenes of vermistes van verlede week se ramp toe ‘n gebou ingetuimel het. Die dodetal staan op 32, terwyl 20 bouwerkers nog vermis word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê hulle het nou genoeg professionele psigo-maatskaplike ondersteuners wat vlot is in Chewa, Portugees en Shona om oorlewendes en hul families te ondersteun:
# ‘n Lid van die Verenigde Nasies se Departement van Veiligheid en Sekerheid is dood en nog een beseer toe hul voertuig onderweg na die Europese hospitaal in Rafah, Gaza, aangeval is. Israel se weermag sê luidens ‘n aanvanklike ondersoek is die voertuig in ‘n aktiewe gevegsgebied getref. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, se adjunkwoordvoerder, Farhan Haq, sê ‘n volledige ondersoek moet gedoen word na die tragiese voorval:
# Krieket: Die afgetrede bouler van Engeland, Stuart Broad, sê daar is ʼn dringende behoefte aan ʼn nuwe geslag boulers wat betyds hul plek kan vind voor die volgende reeks om die As in 2025 en ’26. Engeland se voorste paaltjie-nemer van alle tye, James Anderson, tree in Julie af ná die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande op Lord’s. Broad sê met Anderson se aftrede sal die span se boulaanval in die kort termyn moontlik daaronder ly, veral teen die Windies wat Australië onlangs verslaan het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-982-dollar-16-sent. Die prys van goud is twee-duisend-339-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….