Nuus 11:00
BULLETIN 12 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal in die George gebou-ineenstorting op 16 bevestig
# Die Gautengse polisie maak ‘n deurbraak in padspykervoorvalle
# En, rugby: Die Junior Bokke sit Argentinië ore aan in Queensland
# Die dodetal in die George-gebou ineenstorting in die Wes-Kaap het tot 16 gestyg. Reddingswerkers soek aktief na nog 36 vermiste mense. Die munisipalieit se woordvoerder, Rowena van Wyk, sê die Gesamentlike Distriksoperasiesentrum hou hom by ‘n streng dubbele verifikasieprotokol om te verseker die aangemelde getalle is akkuraat. Dit word in noue samewerking met die reddingspanne, hospitale en forensiese dienste gedoen:
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die regerende party erken die probleme en uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar sedert die party die regering in 1994 oorgeneem het. Hy lei ‘n massiewe verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal. Mbalula sê die mense van Suid-Afrika weet ook die ANC het baie vir hulle gedoen. Hy hou vol die party het die afgelope vyf jaar 90-persent van sy beloftes nagekom:
# Die Gautenge polisie het elf verdagtes aangekeer in verband met padspyker-voorvalle op die N1, N4 en R80 in Tshwane. Nog ‘n verdagte is doodgeskiet toe hy gedreig het om op polisiebeamptes te skiet. ‘n Woordvoerder Brenda Muridili, sê hulle is by ‘n huis in Winterveldt opgespoor, wat as ‘n onwettige sjebeen bedryf is. Hulle sal van gewapende roof en verkragting aangekla word wanneer hulle môre in die hof verskyn:
# Rugby: ‘n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd deur Philip-Albert van Niekerk het vanoggend ‘n eerste sege aan die Junior Springbokke teen Argentinië in hulle laaste U20 Rugbykampioenskaps-kragmeting besorg. Die Baba-Bokke het van ‘n agterstand van 14-punte in die eerste helfte teruggeveg om Los Pumitas in Queensland met 30-28 te klop. Die driedrukkers was die senter Jurenzo Julius, die stut Casper Badenhorst, en die kaptein Zachary Porthen. Nieu-Seeland en die gashere Australië pak mekaar later vandag in die laaste wedstryd van die toernooi.
# En, om mee af te sluit: Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê die gestorwe regter van die Konstitusionele Hof, Yvonne Mokgoro, se nalatenskap is etiese en professionele bestuur. Hy sê Mokgoro het haar merk gemaak in die vorming van die instelling van die polisie se mandaat en haar insigte het bygedra tot die uitwissing van die DNS-agterstand. Mokgoro is verlede week in die ouderdom van 73 oorlede. Cele sê hulle sal steeds voortbou waar sy opgehou het om te verseker bedroefde families wat DNS-rekords benodig, word behoorlik en doeltreffend bedien.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….