Nuus 11:00
BULLETIN 11 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ngcobo-tragedie se soek- en reddingsoperasie is afgehandel
# Die DA verwerp Ramaphosa en Lesufi’s se misbruik van staatsplatforms vir ANC-veldtog
# En, prins Harry en Meghan Markle besoek Nigerië
# Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid sê na ‘n soektog van ses uur na oorlewendes van die Ngcobo-tragedie is die operasie afgehandel. Vyf mense is dood en 15 beseer toe ‘n muur van ‘n winkel gister ingetuimel het. ‘n Woordvoerder, Mkhululi Ndamase, sê die LUR Nomakhosazana Meth, bedank die nood-mediesedienste-personeel en andere wat eerste op die toneel was en verseker het talle lewens is gered:
# Die DA in Gauteng is woedend oor wat hulle beskou as premier Panyaza Lesufi en sy party se onbehoorlike gebruik van die provinsiale regering se amptelike sosiale media-platforms vir ANC verkiesingsveldtogte. Die DA se provinsiale premierskandidaat, Solly Msimanga, sê verskeie plasings op die Gautengse provinsiale regering se Facebook-blad wys waar president Cyril Ramaphosa besig is om met kiesers in Tshwane te praat, met die onderskrif “On the campaign trail“:
# Die Indiese opposisieleier, Arvind Kejriwal, is tydelik borgtog toegestan om aan die land se voortgesette algemene verkiesing te kan deelneem, maar hy sal hom weer op 2 Junie moet oorgee. Kejriwal, die premier van Delhi, en leier van die Aam Aadmi-party, word sedert Maart aangehou toe hy weens aanklagte van geldwassery in hegtenis geneem is. Hy hou vol sy arrestasie en aanhouding is polities gemotiveerd om hom te verhoed om aan die verkiesing deel te neem wat in April begin het en tot Junie duur.
# Tennis: Ons Jabeur se moeilike jaar duur voort nadat sy in die tweede ronde van die Rome Ope met 7-5-2-6 en 6-4 deur Sofia Kenin uitgeboender is. Jabeur van Tunisië en negende gekeur in die wêreld, is in ‘n klipharde stryd wat twee uur en 17 minute in die warm sonskyn in Rome geduur het, deur die ongekeurde Amerikaner uitgeskakel. Nadat sy die kwarteindstryd in Madrid gehaal het, het dit gelyk of Jabeur weer op stryk was. Sy was in 2022 die eerste Arabiese en Tunisiese speler om ‘n WTA1000-titel in te palm.
# En ten slotte, prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, het Nigerië gister besoek as deel van sy bevordering van die Invictus-spele wat hy tot stand gebring het vir gewonde militêre veterane. Die paartjie het in die hoofstad, Abuja, aangekom waar hulle by ‘n skool aangedoen het om daar ‘n geleentheid oor geestesgesondheid vir studente te open. Meghan het op die verhoog by die hertog van Sussex aangesluit voor hulle vertrek vir ‘n ontmoeting met Nigeriese militêre bevelvoerders, as deel van die Invictus-program.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….