Nuus 11:00
BULLETIN 5 Mei 11 vm
Goeiemôre
Ek is…….. In die bulletin:
#Die ANC president Cyril Ramaphosa veroordeel Steenhuisen se opmerking oor kleiner politieke partye
# Tennis: Die Suid-Afrikaanse rolstoelster Donald Ramphadi jaag medaljes by die BNP Paribas World Team-beker [KLANK]
# En, Kaapstad se brandseisoen vanjaar is die ergste in die geskiedenis
# President Cyril Ramaphosa het die DA-leier John Steenhuisen se opmerking oor kleiner partye wat in die Wes-Kaap staan, veroordeel. Ramaphosa het tydens ‘n verkiesingsveldtog in die provinsie gesê Steenhuisen se afmaak van kleiner opposisiepartye as springmielie-partye is ‘n belediging. Hy beklemtoon die verkiesing sal die ware politieke krag uitwys en die uitkoms sal die uiteindelike wenners onder die partye bepaal.
In nog verkiesingsnuus sê Jacob Zuma se prokureur Nqobile Zungu, die oud-president kan teen parlementêre pligte besluit, sou hy verkies word, weens kommer oor die moontlike verlies van sy presidensiële voordele. ‘n Regstryd word gevoer oor die moontlikheid dat Zuma vir die MK-party in die Nasionale Vergadering kan dien, ondanks die tronkstraf wat hom voorheen opgelê is. Die Konstitusionele Hof hanteer ‘n ingewikkelde saak met implikasies vir Zuma se politieke toekoms en die interpretasie van wette wat die Grondwet raak. Die Verkiesingskommissie daag môre ‘n uitspraak uit wat Zuma toelaat om ‘n kandidaat te wees.
# Die tussentydse president van Tsjad, Mahamat Idriss Déby, sal na verwagting die voorloper wees in môre se algemene verkiesing. Déby het drie jaar gelede die mag oorgeneem na sy pa se dood in ‘n geveg teen rebelle. Ondanks beloftes van ‘n spoedige verkiesing het Déby se regering die stemmery vertraag. Die opposisie noem moontlike knoeiery, wat party groepe laat vra vir ‘n boikot. Tsjad se verkiesing word fyn dopgehou in ‘n streek wat gekenmerk is deur onlangse staatsgrepe. Die uitslag word op 21 Mei verwag, met ‘n moontlike tweede ronde op 22 Junie.
# Tennis: Suid-Afrika en Afrika se nommer een rolstoelspeler, Donald Ramphadi, verteenwoordig Tennis Suid-Afrika by die BNP Paribas World Team-beker in Turkye. Dit word van môre tot Saterdag gespeel en Ramphadi het sy oog op medaljes vir sy land. Die nasionale groep van vier spanne in verskeie kategorië is oorgehaal vir die kompetisie. Ramphadi is ook opgewonde oor die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk:
# En, om mee af te sluit: Kaapstad se huidige brandseisoen word as die ergste in die stad se geskiedenis beskou. Tydens die herdenking van Brandbestrydersdag het Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê brandbestryders het dié seisoen reeds op meer as sesduisend brande reageer. Duisende brandbestryders van verskeie distrikte en organisasies is gemobiliseer om brande te bedwing, met duisende liter water wat gebruik is. Smith het brandbestryders geloof vir hul ywer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….