Nuus 11:00
BULLETIN 9 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Herman Mashaba sê ActionSA wil ‘n sleutelrol in munisipale koalisies speel
# Eskom verwelkom die skuldigbevindings in die Kusile-korrupsiesake
# En sokker: Banyana Banyana se Wêreldbeker-drome moet vir eers wag
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party wil genoeg setels verower om ‘n sleutelspeler in die bestuur van groot munisipaliteite te word. Mashaba het in KwaMashu, Durban, gesê ActionSA teiken eThekwini, KwaDukuza en Newcastle, waar hy reeds ‘n teenwoordigheid het. Hy sê die party poog om koalisieregerings te beïnvloed eerder as om noodwendig volstrekte meerderhede te verkry. Hy sê druk moet uitgeoefen word vir strenger optrede oor immigrasie, werkskepping, polisiëring en dienslewering:
Intussen sê ActionSA ook die party moet die regering in KwaZulu-Natal oorneem. Die party se Tshwane-burgemeesterskandidaat, Nasiphi Moya, sê eThekwini is belangrik vir die provinsie se ekonomie. Moya het gesê mislukkings in infrastruktuur, riool en munisipale bestuur benadeel sakeondernemings, toerisme, beleggings en werkgeleenthede. Sy sê ActionSA-raadslede verwerp uitkontraktering en eis groter verantwoordbaarheid in munisipale besteding. Moya sê die party is gretig om dienste aan gemeenskappe te lewer:
# Eskom het die skuldigbevindings verwelkom van die voormalige kontrakteur Michael Lomas en sakeman Hudson Kgomoeswana oor verkrygingsonreëlmatighede en korrupsie wat verband hou met die Kusile-kragstasieprojek. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die skuldigbevindings is nog ‘n mylpaal in pogings om diegene wat daarvan beskuldig is dat hulle openbare fondse misbruik het, aanspreeklik te hou. Sy sê die nutsmaatskappy sal voortgaan om met belanghebbendes saam te werk om verliese te verhaal, terwyl die verkrygingstoesig en -bestuur verskerp word:
# Suid-Afrikaners ondervind steeds toenemende finansiële druk, met die koste van ‘n basiese huishoudelike voedselmandjie wat van net meer as drie-duisend-400-rand in 2020 tot meer as vyf-duisend-500-rand vanjaar gestyg het – ‘n toename van 62-persent. Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, sê stygende brandstof- en vervoerkoste, inflasie, rentekoerse, wisselkoersskommelings en wêreldwye ekonomiese druk, laat voedselpryse steeds styg. Sy sê die faktore knyp huishoudelike begrotings ondanks tekens van dalende brandstofpryse.
# En ten slotte nuus uit die sokkerwêreld:
# Banyana Banyana het outomatiese kwalifikasie vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker misgeloop na ‘n 2-1 kwarteindronde-nederlaag teen die gasvrouland Marokko by die Afrika-beker vir Vroue in Rabat. Die nederlaag het Suid-Afrika se titelverdediging beëindig en hulle uitgeskakel in die toernooi se hoofkompetisie. Desiree Ellis se span het egter steeds ‘n kans om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer deur middel van uitspeelwedstryde. Die kwarteindstryd-verloorders sal meeding vir ‘n plek in die FIFA interkonfederasie-uitspeeltoernooi.
# En laastens: Die Argentynse sokkerster Lionel Messi rou oor die dood van sy pa, Jorge, wat op 68-jarige ouderdom na ‘n lang siekbed oorlede is. Jorge het gisteroggend in ‘n kliniek in Rosario, Argentinië, gesterf. Hy was ‘n sleutelfiguur in Lionel se sokkerloopbaan nasionaal en internasionaal sedert hy 14 was, en was sy verteenwoordiger en vertroueling. Jorge het sy seun gehelp om waarskynlik die beste speler van alle tye te word. Huldeblyke stroom in van die Argentynse Sokkervereniging en sokkerorganisasies wêreldwyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….