Nuus 11:00
BULLETIN 28 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie beloof om nog verdagtes agter die vervaardiging van kinderpornografie op te spoor
# Die studenteskema skep ‘n direkte betalingsmeganisme vir toelae
# En, tennis: ‘n Emosionele oorwinning vir Rafael Nadal in Madrid
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê beamptes soek na nog verdagtes agter die besit van, aflaai, toegang tot en vervaardiging van kinderpronografie. Dit volg na twee verdagtes van 58 en 62 in KwaZulu-Natal aangekeer is. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê dit bring die aantal verdagtes wat plaaslik aangekeer is in ‘n gesamentlike operasie met die Amerikaanse departement van Binnelandse Veiligheid, op 13 te staan:
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het ‘n regstreekse betalingsmeganisme geskep om die voortdurende nie-betaling van toelae uit te skakel. Dit sal geld vir betalings aan die einde van volgende maand, en sal direk in studente se bankrekenings inbetaal word. Die woordvoerder Ishmael Mnisi sê hulle sal alle begunstigdes vra om hulle besonderhede op te dateer om gladde implementering te verseker:
# Britse troepe gaan moontlik in Gaza ontplooi word om hulp via ‘n nuwe seeroete te lewer. Die VSA het gesê geen Amerikaanse magte sal aan land gaan nie en ‘n ongenoemde “derde party” gaan vragmotors van ‘n drywende platform na die strand bestuur. Die Verenigde Koninkryk oorweeg glo om Britse troepe vir die taak in te span wanneer die hulpkorridor volgende maand open. Bronne het egter aan die BBC gesê geen besluit is nog geneem nie.
# Tennis: Rafael Nadal vier ‘n emosionele oorwinning teen Alex de Minaur van Australië by die Madrid Ope. Die 37-jarige het sy briljantheid as ‘n veteraan getoon en die tuisskare betower met ‘n oorwinning van 7-6, 6-3. Hy kom nou teen Pedro Cachin in die derde ronde te staan nadat die Argentyn vir Frances Tiafoe van Amerika pakgegee het. Nadal het sy vorige nederlaag in skoon stelle in Barcelona teen De Minaur omgekeer met ‘n inspirerende vertoning voor ‘n skare, onder wie die koning van Spanje en die Franse sokker-ikoon, Zinedine Zidane.
# En, ten slotte: Die Universiteit van Suid-Afrika sê hy gaan sy projek Strengthening School Belonging among Urban High School Boys uitbrei. Hy sê onderprestering en hoë uitsakkingsyfers skep ‘n groot klomp kwesbare jeugdiges. Shahieda Jansen van Unisa sê wanneer seuns akademies onderpresteer, is hulle meer geneig om in die strafregtelike stelsel of in begraafplase te beland. Sy voeg by met die projek help die universiteit om ‘n plaaslike kwessie van groot kommer asook ‘n wêreldwye probleem aan te spreek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….