Nuus 11:00
BULLETIN 12 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC aanvaar ‘n mandaat-gids vir sy koalisie-onderhandelingspan
# Women For Change kondig ‘n landwye vrouestaking op 21 November aan
# En sokker: Peter Auf der Heyde van Suid-Afrika staan ook vir FIFA se presidentskap
# Die ANC sê die uitslag van die munisipale verkiesing het hom herinner aan sy politieke verantwoordelikheid om na die mense te luister, sy tekortkominge te hanteer en leierskap te bied. Die party se Nasionale Uitvoerende Komitee hou vandag ‘n spesiale vergadering in Gauteng. Die ANC het beheer verloor in verskeie groot metro’s, insluitend Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni. Nasionale woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die party se reaksie moenie verlaag word tot onderhandelinge vir munisipale posisies nie:
Intussen sal die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie koalisies vorm met die DA of the Vryheidsfront Plus nie. Die SAKP, wat die verkiesing die eerste keer onafhanklik van die drieparty-alliansie gevoer het, het landwyd 2.38-persent steun gekry en 264 raadsetels verower. Die tydperk van 14-dae vir die samestelling van rade het gister begin. Die SAKP sê hy sal hom nie skaar by regsgesinde, neo-liberale partye wat gekant is teen die Vryheidsmanifes, of hulle koalisie-reëlings of agendas nie.
# Women For Change het aangekondig die landwye vrouestaking is op 21 November terug om die regering te vra vir dringende optrede teen geslagsgeweld en vrouemoord, ‘n jaar nadat dit tot ‘n nasionale ramp verklaar is. Die organisasie sê Suid-Afrika het steeds nie ‘n volledig befondsde inwerkingstellings-plan met duidelike teikens en verantwoordbaarheid nie. As deel van die optrede sal daar ‘n optog van Wits Universiteit na Constitution Hill in Johannesburg gehou word, met deelnemers wat dan 15 minute op die grond sal lê om vroue te vereer wat daagliks in Suid-Afrika vermoor word.
Nuus uit die buiteland:
# Die Demokraat Scott Colom het die Senaats-wedloop in Mississippi gewen na ‘n uitgerekte stemtellery. Die 43-jarige word die eerste Demokratiese senator in die staat sedert 1982. Colom het 49,2-persent steun gekry, die Republikein Cindy Hyde-Smith 48,7-persent en ‘n onafhanklike 2,1-persent. Dit beteken die Demokrate beheer nou 55 van die 100 setels in die Senaat, terwyl Alaska se uitslag nog uitstaande is. Colom, ‘n plaaslike distriksprokureur, het beloof om te werk vir almal in Mississippi en nie net vir diegene wat vir hom gestem het nie.
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse joernalis en dosent Peter Auf de Heyde gaan Gianni Infantino ook uitdaag om FIFA se presidentskap. Die 65-jarige was president van Grahamstad se Sokkervereniging en het UDW FC in die vroeë 1990’s besit en bestuur. Die erepresident van Japan se sokkervereniging, Kozo Tashima, en Tottenham Hotspur en Switserland se gewese verdediger, Ramon Vega, staan ook in Maart se verkiesing. Auf de Heyde het aan BBC gesê hy het drie fokusgebiede:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-63-sent teen die dollar, 18-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-412-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-964-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 95-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….