Nuus 11:00
BULLETIN 22 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC verloor sy hofsaak teen die MK Party oor sy handelsmerk
# Panyaza Lesufi sê meningsopnames wat voorspel dat die ANC se steun tot onder 50-persent sal daal, is nie korrek nie
# En president Ramaphosa sê Suid-Soedan moet ondersteun word om ‘n volwaardige demokrasie te word
# Die Hooggeregshof in Durban het die ANC se handelsmerk-saak teen die MK Party met koste van die hand gewys. Die regerende party het die MK Party beskuldig dat hy die Wet op Handelsmerke oortree deur ʼn naam en kenteken te gebruik wat soortgelyk is aan dié van die ANC se militêre vleuel wat vroeër ontbind is. Die ANC het aangevoer die gebruik van die naam kan kiesers in die komende verkiesing verwar.
Die ANC se provinsiale voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê intussen meningspeilings wat voorspel die party se steun gaan tot onder 50-persent daal, is verkeerd. Die party het die provinsie in 2019 behou met 50,19-persent. Meningspeilings voorspel ‘n koalisieregering in Gauteng is waarskynlik, maar nie gewaarborg nie. Lesufi sê mense wat hierdie peilings saamstel, grond dit op sosiale media of negatiewe beriggewing in die media. Hy voeg by hulle weet nie hoe die ANC sy veldtog voer nie.
# Die vakbondfederasie SAFTU sê hulle speel steeds ‘n deurslaggewende rol in die verdediging van die regte van werkers, die stryd teen ongeregtighede in die werkplek en die bevordering van die maatskaplik-ekonomiese belange van werkers. Die organisasie, wat in 2017 gestig is het gister sy sewende bestaansjaar gevier. SAFTU se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die teenstrydighede binne die drieparty-alliansie bedreig steeds Cosatu se vermoë om werkers te verteenwoordig:
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Soedan se reis om ʼn volwaardige staat te word en sy vordering om nasieskap te bou, is ʼn merkwaardige en grootliks onvertelde verhaal. Hy het verlede week die land besoek, wat beplan om in Desember verkiesing te hou. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Afrika het ʼn gesamentlike verantwoordelikheid om seker te maak Suid-Soedan pluk die vrugte van vrede en sekerheid wat ekonomiese welvarendheid insluit. Hy sê die land moet ondersteun word om ʼn volledige demokrasie te word.
# Motorsport: Die hoof van Mercedes se Formule Een-span, Toto Wolff, sê hulle gaan opgraderings doen aan hul motor vir die Miami Grand Prix. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton, wat sy swakste begin vir ‘n F1-seisoen beleef, het negende geëindig in die Chinese Grand Prix, met sy spanmaat George Russell in die sesde plek. Wolff sê groot veranderings is nodig aan die motor wat spoed en versnelling betref:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-10-sent teen die dollar, 20-rand-37-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-323-dollar-23-sent. Die prys van goud is twee-duisend-355-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….