Nuus 11:00
BULLETIN 2 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vra landsburgers om ’n vreedsame omgewing vir die verkiesing te verseker
# Honderd-39 verkiesing-verwante misdaaddossiere word nasionaal geregistreer en 48 verdagtes aangekeer
# En rugby: Engeland se afrigter waarsku spelers om hul dissipline te verbeter in die Nasies-kampioenskap
# President Cyril Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om seker te maak die munisipale verkiesing word nie deur geweld of intimidasie ontwrig nie. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring voor Woensdag se hoofverkiesingsdag. Ramaphosa verseker die publiek in sy weeklikse nuusbrief dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aktief besig is met risiko-bepalings, bedryfsbeplanning en nabootsing-oefeninge. Hy moedig alle geregistreerde kiesers aan om te gaan stem en sê ‘n doeltreffende plaaslike regering is noodsaaklik om mense se lewensgehalte te verbeter.
Intussen sê die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur 139 verkiesing-verwante dossiere is nasionaal geregistreer sedert die begin van die verkiesingsproses. Hiervan is 21 tydens die eerste kieserregistrasie-naweek in Junie aangemeld, 13 tydens die tweede naweek in Augustus, en 105 buite registrasienaweke. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê 48 verdagtes is aangekeer, 69 sake word steeds ondersoek en agt sake is aan die senior staatsaanklaer voorgelê vir ʼn besluit:
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê ʼn identifiserings-taakspan is aangestel om ʼn digitale vingerafdruk-oudit van ongeïdentifiseerde vroue en kinders te doen. Dis deel van die provinsie se reaksie op presidensiële riglyne oor geslagsgeweld en vrouemoord. Minstens 12 vroue is sedert Julie vermoor in Ekurhuleni en elders in die provinsie. Lesufi sê hulle probeer ook om forensiese waglyste te verkort, nakoming van inname-prosedures by polisiekantore te verbeter, verlore dossiere te vind en die monitering van sake oor vermiste persone te versterk:
Nuus uit die buiteland
# Rusland en Oekraïne het aangekondig dat hul noodwaarskuwing-toepassings op selfone deur kuberaanvalle getref is. Die Oekraïnse Lugmag sê kuberkrakers het die land se toepassing infiltreer wat mense teen moontlike lugaanvalle waarsku. Volgens ʼn verkeerde boodskap op die toepassing is Kiëf en ander gebiede teen kern- en chemiese aanvalle gewaarsku. Ure later het Rusland se Nood-ministerie gesê sy mobiele toepassing wat ontwerp is om mense teen inkomende hommeltuigaanvalle te waarsku, is deur ʼn reuse-kuberaanvalle getref wat toelaat dat vals inligting aan die publiek gestuur word.
# Rugby: Engeland se hoofafrigter, Steve Borthwick, waarsku sy spelers teen swak dissipline en sê hulle erken die noodsaaklikheid om tydens die Nasies-kampioenskap 15 spelers op die veld te hou. Engeland het in hul agt toetse tot dusver vanjaar 15 geelkaarte en een rooikaart gekry – die laaste vier in Julie teen Argentinië. Borthwick sê sy spelers sal hul standaarde in die losgemaal en verdediging moet verhoog as hulle hierdie maand in die Nasies-kampioenskap suksesvol wil meeding met Australië, Japan en Nieu-Seeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-64-sent teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-67-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-908-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 114-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….