Nuus 11:00
BULLETIN 13 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Nxesi sê die massiewe opleiding van werkloses gaan landwyd ingestel word
# Die Padongelukkefonds beoog om ‘n agterstand van meer as 320-duisend eise in 120 dae uit te wis
# En, padwedlope: Onalenna Khonkhobe en Gerda Steyn wen die Twee Oseane-marathon
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, sê die Werkloosheidsversekeringsfonds se Arbeids-aktiveringsprogram om opleiding vir indiensneming en ondernemerskaps-programme te verskaf, is op dreef in Gauteng. Dit gaan ook in ander provinsies ingestel word. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê Suid-Afrika bevind hom in die middel van ‘n altyd-veranderende tegnologiese era en dit vereis aanpassing:
# Die Padongelukkefonds sê hy het ‘n agterstand van 321-duisend eise en is verbind tot die doeltreffende afhandeling van eise binne 120 dae. Maar verskeie uitdagings, insluitend versuim om alle vereiste dokumente in te dien, belemmer sy pogings. Dit het tot die agterstand aanleiding gegee. Die fonds se woordvoerder, McIntosh Polela, sê mense wat eise voor April 2022 ingedien het, moet seker maak die fonds het al die uitstaande dokumente:
# ‘n Britse chirurg wat onlangs uit Gaza teruggekeer het, het aan die BBC gesê sy geraak is deur die groot aantal gewonde kinders op wie sy moes opereer. Victoria Rose sê ‘n ‘baie groot deel’ van haar werk was op kinders onder 16, insluitend talle onder ses. Sy sê sy het mense behandel met koeëlwonde, brandwonde, en ander beserings. Die Hamas-beheerde Gesondheidsdepartement sê meer as 76-duisend inwoners van Gaza – hoofsaaklik burgerlikes – is reeds in die oorlog met Israel gewond, terwyl 33-duisend mense gedood is.
# Padwedlope: Die geesdriftige langafstandatleet, Onalennea Khonkhobe, en die gesoute Gerda Steyn het vandag se 56-kilometer Twee Oseane-ultramarathon om die Kaapse Skiereiland gewen. Hulle amptelike tye moet nog bevestig word. Khonkhobe was verlede jaar sesde in sy eerste Twee Oseane-wedloop en die 28-jarige was vasbeslote om vanjaar eerste te eindig. Steyn het haar vyde Twee Oseane-titel in ‘n ry verower. Sy het die wedloop as voorbereiding gebruik vir die Paryse Olimpiese Spele later vanjaar, na sy onlangs rekords in die Vaal-marathon en die Om-die-Dam-wedloop van 50-kilometer opgestel het.
# En nog sportnuus om mee af te sluit Gholf: Die wêreld se nommer-een-speler, Scottie Scheffler, het ‘n voorsprong van een hou na die tweede ronde van die 88ste Meesters, terwyl Tiger Woods vir die 24ste agtereenvolgende keer – ‘n nuwe rekord – by Augusta National die afsnypunt vermy het. Die 48-jarige Woods, ‘n vyfmalige Meesterskampioen, het Gary Player en Fred Couples se rekord van 23 verbygesteek om die nuwe mylpaal te bereik. Hy is nou een oor baansyfer op 145 houe ná twee rondes, en ses houe agter die voorlopers. Maar harde werk lê voor as hy in spel wil bly.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….