Nuus 11:00
BULLETIN 26 October 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA glo hy kan in talle belangrike metro’s die grootste party word
# Ramaphosa sê die regering werk aan die land se waterprobleme
# En krieket: Australië wil hul kolfwerk verbeter in die laaste toets teen die Proteas
# Die DA se interne peiling-data plaas dié party op 28,4-persent steun in volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing – slegs 1,2-persentasiepunte minder die ANC. Die inligting is saamgestel uit daaglikse telefoniese peilings om ‘n vier-week-gemiddeld te kry. Daarvolgens is die DA die grootste party in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Mangaung, Nelson Mandelabaai en Kaapstad. Woordvoerder Jan de Villiers sê die verkiesing bied ʼn geleentheid om hierdie stukrag in ʼn geskiedkundige verkiesingsuitslag te verander:
# President Cyril Ramaphosa sê die regering werk landwyd aan waterprobleme, daarom het hy die Nasionale Waterkrisis-kommissie saamgestel. Hy het tydens die ANC se deur-tot-deur-veldtog in Soweto gepraat. Die komitee moet seker maak daar is ʼn gekoördineerde benadering tot die finansiële hervormings wat nodig is vir watersekerheid. Ramaphosa sê die onmiddellike probleem is nie hoofsaaklik ʼn tekort aan reën of te min damme nie, maar munisipale waterstelsels wat nie behoorlik bestuur, onderhou en gefinansier word nie:
Adjunkpresident Mashatile besoek intussen vandag Bronkhorstspruit in Tshwane ná die waterbesoedelingskrisis wat meer as 400 mense met maagdermsiekte besmet het. Dis deel van die werk van die tussen-ministeriële komitee oor Water en Sanitasie. Mashatile sal die watersuiweringsaanleg besoek en ingelig word oor die toestand van die behandelings-infrastruktuur. Hy sal ook met die betrokke owerhede beraadslaag oor maatreëls wat ingestel word om die veiligheid en betroubaarheid van die watervoorsiening te verseker en pasiënte in die hospitaal besoek.
Nuus uit die buiteland:
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, beklemtoon die behoefte aan behoorlike sekerheidswaarborge vir Kiëf in enige ooreenkoms om die oorlog te beëindig. Oekraïne, Amerika en Rusland sal na verwagting vroeg volgende maand vergader om onderhandelings te hernu. Zelensky sê hulle is gereed daarvoor en beklemtoon indien dit ʼn grondgebied-kwessie is, moet dit op leierskapsvlak hanteer word. Ander kwessies kan na tegniese groepe verwys word. Hy sê beperkings op Oekraïne se Leër en neutraliteit gaan nie bespreek word nie.
# Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en ‘n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew McDonald sê die kolwers kon nie die druk lank genoeg weerstaan om aanslag te bied nie. Carey erken hul kolfwerk was nie op standaard nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-61-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 22-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-50-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-8-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 115-dollar-38-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….