Nuus 11:00
BULLETIN 26 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa verwelkom bykomende voorlopige maatreëls deur die Internasionale Geregshof
# Die Die South African Rainbow Alliance kies Colleen Makhubele as Gautengse premierskandidaat
# En tennis, Grigor Dimitrov skakel Carlos Alcaraz uit en is deur na die Miami Ope-halfeindstryd
# President Cyril Ramaphosa het bykomende voorlopige maatreëls deur die Internasionale Geregshof verwelkom, om Israel te verhoed om onherstelbare skade aan te rig met sy voortslepende aanvalle op Gaza. Die Hof het saamgestem met Suid-Afrika se siening dat die situasie in Gaza aansienlik versleg het sedert die Hofbevel op 26 Januarie, weens Israel se versuim om aan die bevel te voldoen. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit is nodig vir die hof om verdere voorlopige maatreëls aan te dui:
Ramaphosa het intussen sy medelye betuig met die Republiek van Botswana en die families en vriende van die 45 busongelukslagoffers wat gister in Limpopo gesterf het. Die bus, wat Paasfeespelgrims van Botswana na Moria vervoer het, was op die R518 naby Mokopane, Limpopo, toe die ongeluk plaasgevind het. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê president Mokgweetsi Masisi van Botswana het sy dankbaarheid uitgespreek oor die ondersteuning wat die regering van Botswana vanaf die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ontvang het:
# Die South African Rainbow Alliance het die voormalige speaker van Johannesburg Colleen Makhubele gekies as hulle premierskandidaat vir Gauteng. Makhubele, wat nou die president is van SARA, staan vroueleierskap voor. Sy beklemtoon die deurslaggewende rol van vrouekiesers in die vorming van Gauteng se toekoms en moedig mense aan om te stem. Makhubele sê SARA vertrou hulle kan vaardige leierskap verskaf, soos bewys deur hulle kwalifisering om nasionaal mee te ding. Sy moedig alle Suid-Afrikaners aan om op 29 Mei hulle stemreg uit te oefen.
# Die Landdroshof in Molopo het die saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel tot 22 Mei, hangende oordraggoedkeuring na ‘n Hooggeregshof. Setshwantsho staar aanklagte van moord en bedrog in die gesig, vir die vermeende moord op haar familielede, onder andere haar man en haar seun, vir versekeringsuitbetalings. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes Henry Mamothame sê Setshwantsho bly intussen in aanhouding:
# En laastens tennis, Carlos Alcaraz se hoop op ‘n Sonskyn-dubbel is verpletter toe die topgekeurde Spanjaard gister met 6-2, 6-4 teen Grigor Dimitrov verloor het. Die elfde-gekeurde Bulgaar gaan nou een Alexander Zverev in die Miami Ope-halfeindstryd te staan kom. Dit was ‘n verpletterende nederlaag vir Alcaraz, wat vol selfvertroue was ná die Indian Wells en gehoop het om die eerste man te word om die Sonskyn-dubbel in te palm sedert Roger Federer in 2017. In die ander mans-halfeindstryd vandag, sal die tweede-gekeurde Jannik Sinner teen die derde-gekeurde Daniil Medwedef te staan kom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….