Nuus 11:00
BULLETIN 24 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika veroordeel die Moskou-konsertsaal-aanval
# Die uMkhonto weSizwe-party sê hy sal nie sy nasionale uitvoerende komiteelede in die Parlement ontplooi nie
# En, motorsport: Carlos Sainz wen die Australiese Grand Prix met Verstappen se wedren wat in ‘n rookwolk eindig
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Vrydag se dodelike aanval op ‘n konsertsaal naby Moskou veroordeel. Aanvallers het die Crocus-stadsaal bestorm en op die skare geskiet voordat hulle die lokaal aan die brand gesteek het. Die dodetal het na wat berig word tot 133 gestyg, en sluit drie kinders in. Minstens 150 is gewond of beseer. Dirco se woordvoerder, Clayson Monyela het die veiligheid van Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel en studente bevestig. Dirco betuig medelye met die families wat deur dié skokkende gebeure geraak is.
# Die voormalige president, Jacob Zuma het aangekondig nie een van die uMkhonto weSizwe-party se top-nasionale leiers sal in dié stdium aangestel word as ministers nie. Zuma het gepraat op ‘n verkiesingsaamtrek in Msinga, KwaZulu-Natal. Hy sê ook hy is bekommerd oor voortslepende armoede onder swartmense na 30 jaar van demokrasie. MK se nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndlela, sê diegene wat na die regering ontplooi word, sal verantwoording moet doen aan die party se nasionale uitvoerende komitee:
# Die Privaat Vereniging van Renosterbewaringsreservate eis vinnige en ernstige optrede teen regeringsamptenare wat hulle skuldig maak aan stropingsverwante misdaad. Dit volg op die heraanstelling van ‘n natuurbewaringsbeampte van Noordwes se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme, Mxolisi Stephen, wat voorheen aangekla is van beweerde stropingsoortredings. Daar is agt aanklagte teen Stephen van die beweerde verwydering van renosterhorings en die vervoer daarvan sonder permitte. Glen Phillips van die vereniging vra aanspreeklikheid:
# ‘n Voormalige Springbok-afrigter, wat ‘n politikus geword het, is deur die Landdroshof in Malmesbury in die Wes-Kaap borgtog toegestaan na aanklagte van poging tot seksuele aanranding en crimen injuria. Die lid van die GOOD-party se naam word weerhou totdat hy gepleit het. Hy is in Februarie geskors nadat hy na bewering ‘n koukus-kollega betas het en die party het ‘n onafhanklike voorsitter vir die dissiplinêre proses aangestel. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die voorsitter se bevindinge is op hande. Die saak is uitgestel tot 15 Mei.
# En, motorsport: Ferrari-ondersteuners het breë glimlagte op hulle gesigte vandag nadat die Italiaanse span die eerste en tweede plekke in die Formule Een Grand Prix in Australië ingepalm het. Carlos Sainz het eerste oor die wenstreep gejaag om Red Bull se greep te breek nadat die wêreldkampioen, Max Verstappen, nie die wedren kon voltooi nie. Sainz, wat net twee weke gelede ‘n blindedermoperasie ondergaan het, se spanmaat, Charles Leclerc was tweede en Lando Norris van McLaren derde. Verstappen moes die handdoek ingooi in die derde ronde nadat rook uit ‘n agterwiel begin borrel het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….