Nuus 11:00
BULLETIN 15 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering baan die weg vir ‘n meer mededingende mark
# Die Nasionale Vervolgingsgersag sê sy onafhanklikheid in die vervolging van staatskapingsgevalle is bo verdenking
# En rugby: Fabien Galthié hou die Franse span onveranderd vir hul kragmeting met Engeland
# Die DA glo die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering is ‘n noodsaaklike stap in die totstandkoming van ‘n mededingende mark vir elektrisiteit. Die wetsontwerp is gister in die Nasionale Vergadering aanvaar. Dit het ‘n nuwe staatsinstelling – die Transmissie-stelseloperateur – ten doel wat verantwoordelik is vir die vestiging van ‘n opemark-platform vir medededingende handel en elektrisiteit. Kevin Mileham van die DA sê dit is noodsaaklik dat die elektrisiteitsbedryf vir openbare sektor-deelname oopgestel word.
# Die adjunk nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Anton du Plessis, sê die Nasionale Vervolgingsgesag se onafhanklikheid rakende besluite oor vervolging van staatskapingsgevalle is bo verdenking. Hy het in Kaapstad op The Gathering 2024 van Daily Maverick gesê die NVG het die afgelope vyf jaar skuldigbevindings verseker teen 700 senior regeringsamptenare en meer as 200 sake teen selfs die mees senior staats- en private amptenare geopen. Du Plessis sê die NVG moet op grond van bewysstukke optree en mag nie aan druk toegee nie:
# Die polisie in Gauteng het vier liggame op twee plekke gevind wat berug is vir onwettige mynbedrywighede. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê hulle het inligting opgevolg oor agt liggame wat in die omgewing van Florida aan die Wes-Rand gesien is. Muridili sê hulle het die gebied deursoek en slegs een liggaam naby die Central Rand-goudmyn in Roodepoort opgespoor. Sy sê nog drie liggame met skietwonde is later in Mohlakeng gevind:
# Die meerderheidsleier in die Amerikaanse Senaat, Chuck Schumer, het Israel gevra om ʼn nuwe verkiesing te hou. Hy sê dis die enigste manier wat ʼn gesonde en oop besluitnemingsproses oor die land se toekoms sal toelaat. Amerika het onlangs sy frustrasie uitgespreek met Israel se benadering tot die oorlog met Hamas. Schumer sê eerste minister Benjamin Netanyahu is op die verkeerde koers deur toe te laat dat sy politieke oorlewing voorkeur kry bo Israel se beste belang:
# Rugby: Frankryk pak Engeland in hulle laaste-ronde Sesnasieswedstryd in Lyon met dieselfde span wat Wallis verlede naweek 45-24 geklop het. Die gereelde heelagter, Thomas Ramos, behou die nommer tien-trui nadat Matthieu Jalibert en Romain Ntamack beseer is. Hoofafrigter Fabien Galthie het weer ses voorspelers en twee agterspelers op die bank gekies as teenvoeter vir Engeland se verwagte fisieke aanslag. Engeland is tans tweede op die punteleer, vier punte agter Ierland, met Frankryk vierde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-408-dollar-36-sent. Die prys van goud is twee-duisend-168-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….