Nuus 11:00
BULLETIN 20 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Soil of Africa dring aan op regeringsoptrede oor massamoorde in gemeenskappe
# Fikile Mbalula sê Zuma se MK-party stel onrealistiese eise
# En, die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op minister Meth om die krisis met kraamverlof-eise aan te spreek
# The Soil of Africa burgerlike beweging doen ‘n beroep op regering en die Ministerie van Polisie om die ontplooiing van taktiese en intelligensie-gedrewe operasies in gebiede wat as massamoord-brandpunte in die land geïdentifiseer is. Vyf mense is dood en drie gewond, in ‘n aanval op ‘n taverne, Vrydag in die Shoba informele nedersetting. Die voorsitter van die beweging, Bongani Ramontja, dring aan op nasionale optrede teen onwettige vuurwapens en ammunisie:
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die MK-party van Jacob Zuma stel onrealistiese eise omdat hulle weet hulle staan voor ernstige uitdagings en hoop om iets uit die proses te wen. Die Mk-party het Vrydag ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria gehou waar hulle aangedring het op die bedanking van president Cyril Ramaphosa en die vervolging van die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Mbalula sê wetstoepassingsagentskappe is gereed vir hul optrede:
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, om die voortdurende krisis rondom kraamverlof-eise in Suid-Afrika dringend aan te spreek. Heloïse Denner van die VF+ sê die party ontvang gereeld navrae vanoor die hele land van vroue wat in sommige gevalle jare lank sukkel om hul kraamverlof-eise uitbetaal te kry:
# ‘n Hof het Brasilië se voormalige president Jair Bolsonaro gelas om ‘n enkelband te dra en hom aan ‘n aandklokreël te onderwerp uit vrees dat hy tydens sy verhoor kan vlug. Bolsonaro word beskuldig dat hy ‘n staatsgreep beplan het om president Luiz Inacio Lula da Silva in 2023 te verhoed om sy amp te beklee. President Donald Trump het probeer om die saak teen sy bondgenoot te dwarsboom deur te dreig met hoë tariewe op Brasiliaanse goedere. Die oudpresident sal ook onder 24-uur-bewaking geplaas word. Indien hy skuldig bevind word, kan die 70-jarige Bolsonaro dekades agter tralies deurbring.
# Boks: Oleksandr Usyk het sy plek as een van boks se grootstes verder bevestig deur Daniel Dubois in die vyfde ronde te te wen, en ‘n twee-malige onbetwiste swaargewigkampioen te word. Die Oekraïner het ‘n boksmeesterklas aangebied voor 90-duisend geesdriftiges by Wembley Stadion. Dubois se drome om die eerste Brit te word wat die gewigsafdeling in die vier-belt era te oorheers, isverpletter toe die 38-jarige Usyk hom twee keer in die vyfde ronde plat geslaan, en hy het die tweede keer op die grond gebly. Usyk het Dubois ook in 2023 uitgeslaan om sy perfekte rekord van 24 agtereenvolgende oorwinnings as professionele bokser te behou.
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus loop 1-0 voor in die reeks van drie toetse na ‘n grootliks dominante vertoning met ‘n 27-19 oorwinning voor 52-duisend toeskouers by ‘n stamvol Suncorp Stadion in Brisbane. Die Leeus was te sterk in alle fassette van die spel met drie drieë binne die eerste 41 minute en moes die Wallabies se terugvegpogings weerstaan vir ’n gemaklike oorwinning. Sione Tuipulotu, Tom Curry en Dan Sheehan het die besoekers se drieë gedruk met Finn Russell wat nege punte met skoppe aangeteken het. Die tweede toets is volgende naweek by die Melbourne Cricket Ground.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….