Nuus 11:00
BULLETIN 25 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa verdedig die party se kaderontplooiings-beleid
# Die uMkhonto weSizwe-party kondig die datum aan vir sy manifes-saamtrek
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagen Allen, skerp die soektog op na die ses-jarige Joslin Smith
# Die president van die ANC Cyril Ramaphosa het die party se kaderontplooiings-beleid tydens die manifes-bekendstelling in Durban verdedig. Hy voer aan, die beleid stem ooreen met die party se visie. Hy het opposisiepartye in dié verband gekritiseer, en hulle skynheilig genoem. Ramaphosa beklemtoon die historiese belangrikheid van die beleid, om dit moontlik te maak vir swart indiwidue om senior posisies te beklee wat voorheen vir hulle ontoeganklik was:
# Die uMkhonto weSizwe-party hou sy manifes-saamtrek op 6 April. Die partywoordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het bevestig die geleentheid sal nié by die Moses Mabhida-stadion in Durban plaasvind nie, met stadions in Johannesburg óf die Oos-Kaap wat oorweeg word. Ndhlela sê die party het tans geen skenkers nie en sal voor die algemene verkiesing met potensiële skenkers in gesprek tree.
# Donald Trump het gister ‘n weghol-oorwinning in die Republikeinse voorverkiesing in Suid-Carolina behaal en sy teenstander Nikki Haley in haar tuisstaat vermorsel om sy opmars voort te sit om die nominasie en ‘n tweede stryd om die Withuis teen Joe Biden in November. AFP berig Trump het nou die eerste vier groot benoemings-kompetisies almal gewen, met die “Super Tuesday” 15-staat stem-bonanza wat oor tien dae gehou word. Hayley is vasbeslote om in die wedloop te bly en te kan intree, sou regs- of gesondheidsprobleme Trump kortwiek. Sy eerste strafregtelike verhoor begin op 25 Maart.
# Rugby: Ierland het twee oorwinnings nodig om ‘n ongehoorde agtereenvolgende Sesnasie-Grand Slam in te palm nadat hulle Wallis gister met 31-7 geklop het in ‘n soms senuagtige vertoning op Lansdowne Road. Ierland het ‘n bonusput verdien en hulle elfde agtereenvolgende Sesnasies-oorwinning is gelyk aan Engeland se rekord, wat tussen 2015 en 2017 opgestel is. Ierland is na wat berig word nou op pad na Twickenham om oor twee weke teen Engeland te speel, met Wallis wat op soek is na hulle eerste oorwinning in vanjaar se toernooi tuis teen Frankryk.
# En, om mee af te sluit: Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagen Allen, het bevestig die ses-jarige Joslin Smith word na ses dae steeds vermis. Die meisie van Saldanhabaai het Maandag soek geraak terwyl sy deur haar ma se vriend opgepas is. Joslin se ma doen ‘n beroep vir haar veilige terugkeer. Allen sê ‘n geïntegreerde polisietaakspan sit die soektogpogings voort, saam met gemeenskaplede en verskeie organisasies:
Bly ingeskakel vir meer nuus………………