Nuus 09:00
BULLETIN 21 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Firoz Cachalia sê die polisie is gereed vir 30 Junie
# FOSA sê die migrasiekrisis is die gevolg van mislukte leierskap regoor die Afrika-vasteland
# En die VSA en Iran is op pad na Switserland vir onderhandelinge
# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê hy vertrou die polisie is operasioneel voorbereid om die wet te handhaaf en af te dwing met die beplande optogte teen buitelandse burgers op 30 Junie. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê hoewel die grondwetlike reg op vreedsame protes gerespekteer sal word, sal geen dade van wetteloosheid, geweld, intimidasie of misdadigheid geduld word nie. Sy sê weeklikse operasies duur voort om die wettige status van buitelandse burgers na te gaan:
Die Forum for South Africa sê intussen die voortdurende migrasiekrisis in Suid-Afrika, is nie toevallig nie, maar die regstreekse gevolg van mislukte leierskap oor dele van die vasteland. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê regerings in lande soos Zimbabwe, Malawi en ander het te lank hul eie mense in die steek gelaat deur swak regering, ekonomiese wanbestuur, korrupsie en ‘n gebrek aan geleenthede. Hy sê as gevolg hiervan word miljoene gedwing om hul tuislande te verlaat vir ‘n kans op oorlewing:
# Die Activists and Citizens Forum vra die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, om die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie onmiddellik te ontbind. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê dié eenheid bevorder wanorde en onbestendigheid in die land. Hy sê die direktoraat is in ‘n terugveg-veldtog teen die polisie en teiken glo sekere beamptes, veral die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi:
# Adjunkminister in die Presidensie Nonceba Mhlauli sê die Pesidensiële Jeugindiensnemingsprogram vorder steeds beduidend in sy poging om jong Suid-Afrikaners met inkomstegeleenthede te verbind. Sy het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê altesaam 155-duisend-161 nuwe geleenthede is gedurende die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar verseker. Die adjunkminister sê die PYEI dien as ‘n multi-sektorale aksieplan wat daarop gemik is om jongmense te laat oorskakel van ‘leer na verdien’.
# Onderhandelaars van die VSA en Iran begin na verwagting vandag met vredesgesprekke in Switserland , selfs terwyl Amerikaanse amptenare Iranse bewerings oor die sluiting van die belangrike Straat van Hormoes betwis. Hoewel Amerika en Iran ooreengekom het op ‘n skietstilstand van 60 dae terwyl die onderhandelinge plaasvind, het Teheran se Islamitiese Rewolusionêre Garde gister die Straat van Hormoes as gesluit verklaar. ‘n Adviseur van Ayatollah Mojtaba Khamenei het die VSA beskuldig dat hy nie die eerste klousule van die14-punt tussentydse ooreenkoms met Iran nagekom het nie, wat ‘n wapenstilstand insluit op alle fronte, insluitend Libanon.
# En sokker: Duitsland het gister hul plek in die uitklopronde van die Wêreldbeker-toernooi bespreek met ‘n 2-1 oorwinning oor die Ivoorkus, terwyl Nederland nader is aan die laaste 32 danksy ‘n oorwinning oor Swede. Duitsland het vir die eerste keer sedert 2014 die uitklopronde gehaal, na hulle in 2018 en 2022 in die eerste ronde uitgeskakel is. Nederland het in Houston ‘n oorweldigende sege van 5-1 oor Swede behaal. Die laaste keer dat Swede vyf doele in ‘n Wêreldbeker-wedstryd afgestaan het, was die 1958-eindstryd teen Brasilië toe hulle met 5-2 verloor het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….