Nuus 09:00
BULLETIN 19 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Meer as ’n duisend-500 Malawiese en Zimbabwiese burgers is by Beitbrug verwerk
# Minister Tau sê die toekoms van die suikerbedryf is verseker
# En sokker: Mexiko is deur na die laaste 32 in die Wêreldbeker
# Die Grensbestuursowerheid sê een-duisend-596 ongedokumenteerde Malawiese en Zimbabwese burgers is suksesvol in ‘n 13-uur-operasie by die Beitbrug-grenspos geprosesseer. Personeel van die owerheid, amptenare van Binnelandse Sake en lede van die SAPD se afdeling vir openbare orde was betrokke. Die woordvoerder van die owerheid, Mmemme Mogotsi, sê die repatriasie van een-duisend-129 Malawiese burgers was ingesluit. Dit was die meeste wat nog op een dag afgehandel is:
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die staking van die likwidasie van Tongaat Hulett is ‘n belangrike mylpaal in die beveiliging van die toekoms van die suikerbedryf. Dit volg na ‘n ooreenkoms tussen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en Vision Consortium 250-duisend werkgeleenthede gered het. Tau sê die moontlikheid van likwidasie het nie net risiko’s vir werkers en kwekers ingehou nie, maar ook vir verskaffers, vervoeroperateurs, klein ondernemings en die groter ekonomie. Die maatskappy is onder sakeredding geplaas na ‘n ineenstroting weens wanbestuur.
# ActionSA in Ekurhuleni sê die ANC-geleide koalisie in die metro het versuim om ‘n begroting in te dien wat inwoners se belange vooropstel. Die raad het die 2026/2027-begroting gister die vierde keer verwerp. Tumelo Tshabalala van ActionSA sê twee basiese vereistes moet nagekom word voor die party die begroting sal aanvaar. Hy sê dit moet die raad se resolusie insluit dat werkers permanent aangestel en afhanklikheid van kontrakdienste verminder word, en geen tariefverhogings behalwe gereguleerde aanpassings moet toegelaat word nie:
# Sokker: Medegashere Mexiko is die eerste nasie wat vir die Wêreldbeker se uitklopfase kwalifiseer. Hulle het Suid-Korea op die Guadalajara-stadion met 1-0 geklop, met nog een wedstryd oor. Luis Romo se doel in die tweede helfte het Javier Aguirre se span met ses punte eerste in Groep A geplaas. Die medegashere, Kanada, het Katar in Vancouver met 6-0 verpletter en kort nog een punt om eerste in Groep B te eindig. Switserland het Bosnië en Herzegowina in Los Angeles met 4-1 verslaan en staan ʼn kans om die laaste 32 te haal.
# Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-86-sent teen die euro en 21-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-817-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-145-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-99-sent per vat.
# En ten slotte: Voormalige Amerikaanse presidente, afgetrede politici en bekendes het die opening van die Barack Obama Presidensiële Sentrum in Chicago bygewoon. Die sentrum is ontwikkel om ʼn lewende viering van gemeenskap en die belangrikheid van demokrasie te wees. Oudpresident George W Bush, Bill Clinton, en Joe Biden was teenwoordig, asook Oprah Winfrey, voormalige Duitse kanselier Angela Merkel, en Bruce Springsteen. Obama het die geleentheid gebruik om Amerikaners aan te moedig om verdeeldheid te verwerp en in die volgende geslag te belê:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….