Nuus 09:00
BULLETIN 17 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola sê daar is geen verskoning vir geweld teen buitelandse burgers nie
# ‘n Russiese oorlogskip vuur waarskuwingskote op ‘n Britse seiljag in die Engelse Kanaal af
# En sokker: Dis ‘n driekuns vir Lionel Messi by die Wêreldbeker
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die intimidasie van migrante, die plundering van besighede en die verwoesting van eiendom is verwerplike dade van vergelding. Dit volg nadat betogings teen immigrante tot diplomatieke spanning gelei het, met verskeie lande wat hul burgers uit Suid-Afrika repatrieer. Lamola het gister die 19de Konferensie van die Speakers en Voorsittende Beamptes van die Statebond se Afrika-streek, in Johannesburg toegespreek. Hy het beklemtoon dat intimidasie van migrante die land se verhouding met die vasteland en die wêreld kan verwoes:
Die Departement van Binnelandse Sake en dié van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het intussen ‘n Virtuele Prioriteitshof in Durban gevestig om immigrasiesake en deportasiebevele te hanteer. Die eerste operasies van hierdie virtuele platform fokus hoofsaaklik op die sake van meer as een-duisend Malawiese burgers by Sherwoodpark in Durban. Binnelandse Sake se adjunk-direkteur-generaal vir Operasies, Thulani Mavuso, sê sommige Malawiërs het Suid-Afrikaanse immigrasiewette oortree:
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die regering en die samelewing as geheel moet jeugontwikkeling sentraal stel in nasionale transformasie. Dit vereis uitgebreide openbare beleggings in onderwys en opleiding, industriële ontwikkeling, gemeenskapsondernemings, koöperasies, landbou, die digitale ekonomie en openbare werkprogramme. Die SAKP sê Suid-Afrika het ‘n jeug nodig wat bewus, gedissiplineerd, vaardig, deernisvol en gewortel is in die behoeftes van die mense. Hy sê jongmense moet die taak aanvaar om gemeenskappe te herbou en demokrasie te verdedig.
# ʼn Russiese oorlogskip het gister in die Engelse Kanaal waarskuwingskote afgevuur op ʼn seiljag wat in Brittanje geregistreer is. ʼn Afgetrede Britse egpaar, Jane en Alan Kelvey, was tydens die voorval aan boord van Bright Future. Rusland se ministerie van Verdediging sê die seiljag het die oorlogskip op ʼn gevaarlike manier genader. Dit volg nadat Koninklike See-kommando’s Sondag ʼn tenkskip van die Russiese skaduvloot onderskep het wat onwettige olie in die Kanaal vervoer het. Die Britse skaduminister van Verdediging, James Cartlidge, sê die voorval wys Rusland hou ʼn regstreekse bedreiging vir die land in.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-18-sent teen die dollar, 18-rand-79-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-780-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-330-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….