Nuus 09:00
BULLETIN 13 Junie 9 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika se vervaardigingsproduksie daal skerp in April
# Die Gautengse regering ontken die gebruik van openbare fondse vir Lesufi se reis na Mexiko
# En padwedlope: Die regering moedig ondersteuners aan om 2026 Comradesdeelnemers te ondersteun
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 2,9-persent in vergelyking met verlede jaar, met die grootste verliese in die staal-, papier- en motorvoertuigsektore. Produksie het ook maand-tot-maand gedaal, wat die swak tendens in die bedryf voortsit. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het ‘n effense verbetering getoon, met ‘n styging van 0,7-persent in April en ‘n toename oor die afgelope drie maande, hoofsaaklik gedryf deur winste in die staal- en motorvoertuigsektore:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die mediese hulpstelsel is onder geweldige druk namate stygende lewenskoste baie werkers dwing om hul dekking te laat vaar. Volgens die vakbond maak lone wat nie verhoog nie, hoë brandstofpryse en werkloosheid mediese hulp onbekostigbaar veral vir jongmense en lae-inkomste werkers. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê baie huishoudings word gedwing om te kies tussen gesondheidsorg en basiese behoeftes soos kos en vervoer:
# Die regering van Gauteng sê premier Panyaza Lesufi is met amptelike verlof en het in sy privaat hoedanigheid na Mexiko gereis, sonder dat openbare fondse of regeringshulpbronne vir die reis gebruik is. Die woordvoerder, Elijah Mhlanga sê Lesufi het slegs stadionkaartjies aanvaar en nie saam met regeringspersoneel of -protokolle gereis nie. Mhlanga het gesê sake in Gauteng gaan normaal voort, met gevestigde stelsels in plek om te verseker dienslewering word nie beïnvloed nie:
# ‘n Hersiening van immigrasie- en asielbeleid wat ‘n dekade gelede begin is, het gister regoor die Europese Unie in werking getree namate EU-lande onder druk van regse nasionalistiese partye kom. Die EU-wye ooreenkoms stel strenger grensbeheer in, wat vinniger saakverwerking, uitgebreide digitale hulpbronne om asielaansoeke op te spoor en verhoogde deportasies te bewerkstellig. Die wetgewing is in 2024 aanvaar met ‘n implementeringstydperk van twee jaar. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die ooreenkoms as regverdig en standvastig beskryf. Die vlakke van gereedheid vir die veranderinge wissel tussen die 27 EU-lidlande
# Padwedlope: Die regering het sy beste wense en ondersteuning uitgespreek teenoor die duisende plaaslike en internasionale atlete wat Sondag aan die geskiedkundige Comrades-marathon deelneem. Vanjaar is die 99ste weergawe van die wedloop en Suid-Afrikaners word aangespoor om die atlete te ondersteun vir die 85-kilometer lange “op”-wedloop van Durban na Pietermaritzburg. Die sukses van Suid-Afrikaanse langafstandatlete inspireer steeds die vasteland en die wêreld. Die Kaapstad-marathon is hierdie week amptelik erken as Afrika se eerste Abbott World Marathon Major en sluit aan by die wêreld se mees gesogte marathons.
Die departement van Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal het intussen spanne ontplooi om toe te sien dat padnetwerke ten volle gereed is vir die Comrades-marathon wat môre plaasvind. Nagenoeg 22-duisend atlete sal na verwagting aan die ikoniese wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg deelneem. Die woordvoerder van die departement, Ndabezinhle Sibiya, sê hulle het ook verkeersbeamptes ontplooi om die veiligheid van atlete, toeskouers en besoekers langs die roete te verseker:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….