Nuus 09:00
BULLETIN 17 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Soil of Africa sê die voortdurende spanning tussen Malema en AfriForum weerspieël ‘n ideologiese stryd
# FNB sê buffers is nodig om die ekonomie teen globale skokke te beskerm
# En rugby: Die tiener Zekhetelo Siyaya maak sy debuut vir die Haaie teen die Ospreys
# Die burgerregtegroep Soil of Africa sê die spanning tussen AfriForum en die EFF-leier Julius Malema weerspieël ‘n groter ideologiese stryd oor die rigting waarin die land op pad is. Malema is gister tot vyfjaar-tronkstraf gevonnis weens die oortreding van vuurwapenwette. AfriForum het die saak aanhangig gemaak nadat Malema tydens ʼn EFF-saamtrek in 2018 ʼn vuurwapen afgevuur het. Soil of Africa se woordvoerder, Bongani Ramontja, sê hulle gaan nie toelaat dat mense onder die dekmantel van voorspraak bydra tot verdeling, rassespanning of selektiewe ontevredenheid nie:
Die Forum for South Africa is op sy beurt bekommerd oor die toenemende patroon van selektiewe geregtigheid in die land. Dit volg op die leier van die EFF Julius Malema se vonnis van vyf jaar tronkstraf nadat hy ‘n vuurwapen onwettig in die openbaar afgevuur het. Hy staan die vonnis teen. Hy voer aan sy vonnis is politiek gemotiveer en ‘n “geheime hand” beïnvloed die regsproses teen hom. Die leier van die forum, Tebogo Mashilompane, waarsku voortgesette gebruik van die regstelsel as wapen, sal die bietjie openbare vertroue wat bestaan, vernietig:
# FNB sê Suid-Afrika het 2026 met versigtige optimisme begin, maar globale spanning, insluitend die Midde-Oosterse konflik, beïnvloed die ekonomiese vooruitsigte. Die bank sê die herstel kan stadiger word, maar daar word nie verwag dat dit sal stop nie. Die bank sê plaaslike hervormings sal kostes in toom hou en die ekonomie behoort mettertyd te versterk. Koketso Mano sê toestande in die eiendomsmark bly toestande positief, maar globale druk kan korttermyngroei in huispryse en die vraag na verbandlenings vertraag:
# Die Libanese weermag sê Israel het die skietstilstand van tien dae wat om middernag van krag geword het, reeds oortree. Israel veg reeds sedert die begin van die konflik met Iran teen Hisbolla in Libanon waar meer as twee-duisend mense volgens berigte dood is. Die Libanese weermag sê hy het talle Israelse aanvalle op video vasgevang. Dit sluit bomaanvalle op Libanese dorpies in. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sê Israel het die reg om homself te alle tye te verdedig teen beplande, dreigende of voortslepende aanvalle.
# Rugby: Die 18-jarige heelagter Zekhethelo Siyaya sal Saterdag in Swansea sy debuut vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskapsreeks teen die Ospreys maak. Hy sal saam met Edwill van der Merwe en Ethan Hooker begin. André Esterhuizen keer terug as kaptein. Die slotte Jason Jenkins en Emile van Heerden sal die agterlyn te versterk terwyl die voorry Vincent Koch, Eduan Swart en Ox Nché na die bank beweeg. Phatu Ganyane, Fez Mbatha en Hanro Jacobs neem hul plekke in. Siya Kolisi bly weens ‘n kuitbesering buite aksie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-752-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-794-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 94-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….