Nuus 09:00
BULLETIN 30 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Build One South Africa sê ‘n twee-staat-oplossing is die weg na vrede in die konflik tussen Israel en Palestina
# Numsa vra ekonomiese sanksies teen Israel
# En, Business Leadership South Africa sê die komende mynbou-indaba is noodsaaklik te midde van Transnet se probleme
# Build One South Africa sê die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina raak die lewens van onskuldige burgerlikes in Gaza, en die primêre fokus moet ‘n vreedsame oplossing wees. Die Internasionale Geregshof het Israel verlede Vrydag beveel om alles moontlik te doen om te keer dat mense in Gaza beseer of doodgemaak word. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê hulle glo steeds ʼn twee-staat-oplossing is die weg na vrede:
# Die metaalwerkersvakbond Numsa vra ‘n onmiddellike boikot teen en afsondering van Israel na aanleiding van die Internasionale Geregshof se uitspraak oor die Israelies-Palestynse konflik. Die vakbond verwelkom die hof se besluit, wat Israel se optrede in Gaza as potensiële volksmoord beskou. Numsa veroordeel Israel vir die oortreding van internasionale wette en omdat hy aanhou om Palestyne te benadeel ten spyte van die uitspraak. Die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar moet ekonomiese sanksies teen Israel wees, en deelname aan internasionale geleenthede moet verbied word. Sy eis ‘n onmiddellike wapenstilstand en diplomatieke druk:
# Business Leadership South Africa sê ten spyte van die ongekende uitdagings in die mynbedryf is die komende mynbou-indaba in Kaapstad ʼn goeie geleentheid om beleggers te wys dat tasbare en betroubare vordering gemaak word. Die Fraser Instituut se jaarlikse opname oor beleggingsvriendelikheid plaas Suid-Afrika nou ná Mali en die Demokratiese Republiek die Kongo as aantreklike mynbestemmings in die wêreld. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê dis belangrik dat die regering beleggers verseker Transnet se bedrywighede, veral in die Durbanse hawe sal vinnig verbeter.
# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê die reën wat gisteraand begin val het, was nie deurdringend genoeg om ʼn verskil te maak aan die aktiewe brande in Bainskloof/Slanghoek en Elandsberg nie. Teen gister is 189 strukture in die brande beskadig. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê hoewel die reën weens die koeler weer effens verligting gebring het, het dit min uitwerking op die brandlyne gehad. Sy sê dit sal in vandag se verwagte hitte vinnig wegbrand:
# Sokker: Die gasheer van die Afrikabekertoernooi, die Ivoorkus, het die verdedigende kampioen, Senegal, in ‘n strafdoelstryd uitgeskakel om hul plek in die kwarteindronde te bespreek. Franck Kessie het in die 86ste minuut ‘n doel vir die Ivoorkus aangeteken om die telling net voor ekstra-tyd, gelykop te maak. Die 27-jarige was wéér in die kol met ‘n deurslaggewende skop om die gashere in die strafdoelstryd vyf-vier te klop. Ryan Mendes het op sy beurt met ‘n laat strafdoel ‘n oorwinning van een-nul aan die Kaap-Verdiese Eilande oor Mauritanië besorg vir hulle plek in die kwarteindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen18-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-37-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-437-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-31-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….