Nuus 09:00
BULLETIN 9 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die kultuur van geweld stuur die land op ‘n gevaarlike pad na anargie en chaos
# Die DA sê die voortgesette moorde lê polisiëringsmislukkings in die Wes-Kaap bloot
# En Hizbollah voer vergeldingsaanvalle teen Israel uit
# Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ‘n afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê daar moet ʼn doelgerigte herstel van die land se morele kompas plaasvind terwyl ʼn kultuur van respek, verantwoordelikheid en verdraagsaamheid teenoor mekaar gekweek word:
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het die Konstitusionele Hof se beslissing teen Cash Paymaster Services verwelkom wat hom opdrag gee om 81,3-miljoen-rand aan SASSA terug te betaal. Dit hou verband met die betalingstender wat SASSA aan CPS toegeken het, maar wat die Konstitusionele Hof in 2014 amptelik onregmatig verklaar het. Die hof het CPS egter toegelaat om met die betalings voort te gaan. SASSA-woordvoerder, Paseka Letsatsi, sê die hof moes beslis of CPS die winste, wat onder die ongeldige kontrak gemaak is, moet terugbetaal:
# Die DA sê hy gaan parlementêre prosesse gebruik om die redes vir die enorme agterstand in voorbehoue uitsprake te ondersoek. Volgens ʼn verslag van die hoofregter se kantoor is daar een-duisend- 657 uitstaande voorbehoue uitsprake in hoër howe. Meer as 300 is meer as ses maande uitstaande. Glynnis Breytenbach van die DA sê hierdie agterstand keer dat Suid-Afrikaners toegang tot geregtigheid kry en vernietig openbare vertroue in die regstelsel:
# Die Iran-gesteunde militante groep, Hizbollah, sê hy het vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur in reaksie op Israel se skending van die skietstilstand tussen die VSA en Iran wat nou in die weegskaal is. Minstens 182 mense is dood toe die Israelse weermag Woensdag die grootste aanval in die jongste oorlog op Libanon uitgevoer het. Amerika en die eerste minister van Israel, Bejamin Netanyahu, hou vol dat die skietstilstand nie betrekking het op optrede teen Hizbollah in Libanon nie. Iran, daarenteen, hou vol dat Libanon deel is van die ooreenkoms. Hizbollah sê sy aanvalle sal aanhou totdat Amerika en Israel hul aggressie teenoor Libanon staak.
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Paris Saint-Germain, het Liverpool met 2-0 verslaan om ʼn voordeel in die eerste deel van hul Kampioeneliga-kwarteindronde te verseker. Désiré Doué en Khvicha Kvaratskhelia se doele het die sege vir Luis Enrique se span beklink terwyl Liverpool hulle vierde agtereenvolgende weg-nederlaag gely het. Intussen het Julian Alvarez en Alexander Sorloth se doele Atletico Madrid toegelaat om in hulle eerste deel van die kwarteindronde die 10-man Barcelona-span met 2-0 te klop het Barcelona in albei hul vorige Kampioeneliga-uitklopwedstryde uitgeskakel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-16-sent teen die euro en 22-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-962-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-720-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 94-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….