Nuus 09:00
BULLETIN 29 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NVG se Ondersoekdirektoraat verwerp bewerings dat hy senior polisiebeamptes teiken
# Die Parlement verwelkom leefstyloudits om korrupsie by Basiese Onderwys te bestry
# En krieket, Virat Kohli steel die kollig vir RCB by IPL-openingswedstryd
# Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het valse bewerings wat op sosialemedia-platforms versprei is, veroordeel, wat geïnsinueer het dat direktoraat doelbewus senior polisiebeamptes teiken. ‘n Woordvoerder Henry Mamothame sê dit volg op die inhegtenisneming van 12 senior polisiebeamptes en die dagvaarding wat aan die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola beteken is, in verband met ‘n beweerde onreëlmatige kontrak wat deur die polisie aan Medicare 24 toegeken is. Hy sê die saak is in 2024 na die direktoraat verwys, waartydens ondersoeke gedoen is.
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie het die ferm en beginselvaste standpunt verwelkom wat die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, ingeneem het om korrupte netwerke binne die departement te konfronteer en te vernietig. Die voorsitter, Jan de Villiers, sê die minister het versoek dat die Spesiale Ondersoekeenheid leefstyloudits in die departement uitvoer, met die fokus op senior amptenare en amptenare wat in hoërisiko-gebiede werk, wat dikwels as toegangspunte vir korrupte aktiwiteite gebruik word. Hy sê ‘n bekwame, etiese en professionele staatsdiens is die hoeksteen van ‘n ontwikkelingstaat.
# Die DA het die positiewe vordering verwelkom wat in die parlementêre portefeuljekomitee-vergadering gemaak is waar dit duidelike uitgelê is vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor om in die nabye toekoms uit Sakeredding te tree. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het aangekondig dat die Nasionale Tesourie die magtiging gegee het om ‘n deel van die geld wat in die Spesiale Begrotingswetsontwerp aan die departement toegeken is, te onttrek. Tsholofelo Bodlani van die DA sê die party sien uit na verdere hervormings wat bestendigheid by die Poskantoor sal herstel:
# Eskom het sedert Mei 2025 ‘n beduidende en volgehoue afname in dieselverbruik vir sy oopsiklus-gasturbine-aanlegte aangeteken, na ‘n piek in April 2025. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Daphne Mokwena, sê Eskom het meer as een-duisend-77 gigawatt-uur uit diesel opgewek, vergeleke met twee-duisend-608 gigawatt-uur gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is ‘n afname van 58,69-persent in energie wat deur die aanlegte opgewek word wat neerkom op dieselkoste van 6,9-miljard-rand:
# Israelse magte het gister in die suide van Libanon drie Libanese joernaliste se motor in ʼn lugaanval getref. Israel sê hulle teiken was een van die joernaliste. ʼn Tweede lugaanval het ook reddingswerkers wat hulle gaan help het, se lewens geëis. Die Libanese joernaliste Al Mayadeen, verslaggewer Fatima Ftouni en kameraman Mohammed Ftouni, en die Al Manar-verslaggewer Ali Shaib is dood. Israel se weermag sê in ʼn verklaring hulle het Shaib, wat hulle ʼn “terroris” noem, geteiken omdat hy deel is van ʼn Hezbollah-intelligensie-eenheid en oor Israelse soldate in Libanon se ligging berig het.
# Krieket: Virat Kohli het gehelp dat die verdedigende kampioene, Royal Challengers Bengaluru, die Sunrisers Hyderabad met ses paaltjies vermorsel in die 2026 Indiese Premierliga se openingswedstryd in Bangalore. Met ‘n teiken van 202, het Kohli ʼn onoorwonne 69 van 38 balle gemoker wat vyf sesse ingesluit het. Devdutt Padikkal se vinnige 61 en Kohli se bydrae het RCB se oorwinning verseker met 26 balle oor. Vroeër het Jacob Duffy se drie vir 22 die Sunrisers beperk ten spyte van Ishan Kishan se 80. Kohli is die eerste speler wat meer as vierduisend lopies in IPL aanteken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….